1Die Here het met Job gepraat. Die Here was in 'n stormwind, en Hy het gesê:
2“Job, wie is jy? Dink jy dat jy kan sê Ek besluit verkeerd? Jy weet nie wat jy praat nie.
3Jy moet gereedmaak, jy moenie bang wees nie. Ek sal vra, en jy moet my antwoord.”
4“Waar was jy toe Ek die aarde op sy fondamente gesit het? Sê vir my as jy so baie weet.
5Wie het 'n maatlyn styfgetrek en gemeet hoe groot die aarde moet wees? Weet jy?
6Waarop staan die voetstukke van die pilare van die aarde? Wie het die hoek-klip onder die aarde gesit?
7Daardie dag het al die môre-sterre gesing en almal in die hemel het gejuig.
8Wie het deure ingesit en die see toegesluit toe die water oor die aarde begin vloei het?
9Dit was toe Ek wolke oor die see gesit het sodat dit donker was oor die see.
10Ek het 'n grens gemaak vir die see, Ek het deure met sluitbalke ingesit
11en Ek het gesê: Jy mag tot hier kom, jy mag nie verder kom nie, hier moet jou branders breek.”
12“Job, het jy in jou lewe vir die oggend gesê dat hy moet kom, het jy vir die dag gesê wanneer dit moet begin?
13Het jy vir die oggendlig gesê om die aarde te gryp en die mense af te skud wat verkeerd doen?
14Wanneer dit lig word, dan verander die aarde soos klei verander wanneer 'n mens 'n seël op die klei druk. Die berge en die valleie is soos die voue in 'n bo-kleed.
15Wanneer die nag verby is, dan kan die mense wat verkeerd doen, nie meer ander mense seermaak en doodmaak nie.
16Job, was jy al by die fontein waar die see se water uitkom? Het jy al rondgeloop onder op die diep plekke onder die groot see?
17Het jy die poorte van die doderyk gesien, die poorte van die donker plek?
18Weet jy hoe groot die aarde is? Sê vir My, as jy dit weet.
19Weet jy waar die lig en die donker woon, ken jy die pad daarnatoe?
20Kan jy die lig en die donker neem waar hulle moet wees? Kan jy hulle terugneem na hulle plek?
21Job, was jy daar toe Ek die wêreld gemaak het, is jy so oud?”
22“Was jy by die plek waar Ek die sneeu en die hael bêre, het jy dit gesien?
23Ek bêre die sneeu en die hael vir die tyd wanneer Ek wil oorlog maak.
24Job, weet jy van waar die lig begin skyn en waar die oostewind oor die aarde begin waai?
25Wie het vir die reën en die donderweer 'n pad gemaak
26sodat dit kan reën op 'n plek waar daar nie mense is nie en in die woestyn waar niemand woon nie?
27Wanneer dit reën, dan word die droogste plekke nat, en gras begin daar groei.
28Wie maak die reën en die dou?
29Wie laat dit ys en ryp?
30Dan word die water so hard soos klip, en dit ys op die groot see.”
31“Kan jy die Sewe-ster vasbind of Orion se belt losmaak?
32Kan jy die sterre op die regte tyd laat uitkom, kan jy die Beer en die ander sterre by hom lei?
33Weet jy wat is die reëls wat Ek vir die sterre in die lug gegee het? Kan jy sê die aarde moet dieselfde doen?
34Kan jy met die wolke praat en sê hulle moet dit laat reën op jou?
35Kan jy die weerlig na jou toe laat kom en sal hy dan gaan waarnatoe jy hom stuur?”
36“Wie gee vir die ibis die verstand om te waarsku wanneer die Nyl-rivier se water oor die walle vloei? Wie maak die haan so slim dat hy kan sê wanneer die oggend kom?
37Wie is so slim dat hy die wolke kan tel, die watersakke in die lug? Wie kan die reën uit die wolke gooi
38wanneer die grond hard en droog is?”