Job 37ABA

1Die storm laat my hart bewe, ek skrik en ek ruk.

2Luister goed na die stem van God, hoor hoe raas en dreun dit!

3Hy stuur die weerlig oral deur die lug, dit slaan oor die hele aarde.

4En dan raas en dreun die donderweer, God praat met sy harde stem, en die donderweer hou aan om te raas terwyl Hy, die Koning, praat.

5God doen wonderlike dinge wanneer Hy sy stem laat raas, Hy doen groot dinge, dinge wat ons nie verstaan nie.

6Hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde!’ en Hy sê vir die reën: ‘Maak die grond goed nat!’

7Hy laat al die mense ophou werk sodat hulle kan sien wat Hy doen.

8Die diere gaan lê en hulle bly in hulle lêplek.

9Die stormwind kom uit die suide, die koue winde kom uit die noorde.

10Die wind wat God stuur, laat die water vries, dit word een stuk ys.

11God maak die wolke vol water, die weerlig slaan in die wolke.

12Die wolke draai om en om wanneer God so besluit, hulle doen wat Hy sê, oral op die aarde.

13God stuur die storms om mense te straf of om vir die aarde te sorg of om te doen wat Hy belowe het.

14Job, jy moet luister na wat ek sê, jy moet stilstaan en dink oor die wonderwerke van God.

15Weet jy hoe God dit alles doen? Weet jy hoe Hy die weerlig uit die wolke laat slaan?

16Weet jy hoe die wolke bymekaarkom? Dit is God wat hierdie wonderlike dinge laat gebeur, God wat alles weet.

17Job, jou klere word baie warm wanneer die warm oostewind waai.

18Jy kan nie die hemeldak maak nie, die hemeldak wat so hard is soos 'n spieël van metaal.

19Wil jy nou vir ons leer wat ons vir God moet sê? Ons weet nie wat om te sê nie, ons is baie dom.

20Niemand moet vir God sê dat ek wil praat nie. Ek wil nie hê dat Hy my moet laat sterf nie.

21Mense kan nie na die son kyk wanneer die wind gewaai het en die wolke weg is nie.

22Wanneer God uit die noorde kom, dan blink alles soos goud, almal word bang vir die lig wat rondom Hom, die Koning, is.

23Ons kan nie naby die Almagtige kom nie, sy krag is baie groot. Hy doen reg, Hy is altyd regverdig, Hy verdruk niemand nie.

24Daarom is al die mense bang vir Hom. Hy kyk nie na mense wat dink dat hulle wysheid het, maar hulle het dit nie.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 37.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.