Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 36

:
Afrikaans - ABA
1 Elihu het nóg gepraat. Hy het gesê:
2 “Job, jy moet nog 'n bietjie wag, ek wil nóg met jou praat, ek wil nóg dinge oor God.
3 Ek sal vir jou wys hoe baie ek weet, ek wil wys dat God regverdig is, God wat my gemaak het.
4 Jy kan glo wat ek sê, ek praat net die waarheid.
5 Jy moet onthou, God is sterk, Hy dink nie dat party mense minder belangrik is nie. Hy het baie krag en wysheid.
6 Hy laat nie die mense aanhou lewe wat verkeerd doen nie. Hy doen reg aan die mense wat hulleself nie kan help nie.
7 Hy beskerm altyd die mense wat reg doen, Hy laat hulle vir altyd soos konings op trone sit, hulle word belangrike mense.
8 As hulle gevangenes in kettings word en baie swaar kry,
9 dan is dit omdat God vir hulle laat voel dat hulle verkeerd gedoen het toe hulle hoogmoedig geword het.
10 Hy maak hulle gehoorsaam aan alles wat Hy vir hulle wil leer, Hy vir hulle dat hulle moet ophou om verkeerde dinge te doen.
11 As hulle luister en Hom dien, dan gaan dit goed, hulle is gelukkig, hulle hele lewe lank.
12 As hulle nie luister nie, dan sterf hulle, hulle sterf omdat hulle nie wou weet wat hulle moet doen nie.
13 God word nog meer kwaad vir mense wat nie vir Hom wil dien nie, vir mense wat nie tot Hom bid wanneer hulle gevangenes word nie.
14 Hierdie mense sterf gou, want hulle doen slegte dinge.
15 God laat mense swaarkry sodat Hy hulle kan red. Hy laat dit sleg gaan met hulle sodat hulle gehoorsaam kan word.
16 Job, God sal jou help, jy sal nie meer swaarkry nie, dit sal weer baie goed gaan met jou, daar sal weer lekker kos op jou tafel wees.
17 Maar God straf jou swaar soos Hy mense moet straf wat verkeerd doen, en jy moet tevrede wees wanneer Hy jou straf.
18 Jy is kwaad, maar jy moenie daarom kies om verkeerd te doen nie. Jy moenie verkeerde dinge doen wanneer jy omkoopgeld kry nie.
19 Dit sal nie help om te skree wanneer dit sleg gaan met jou en jy vra dat iemand jou moet help nie. Dit sal nie help as jy sterk is nie.
20 Jy moenie verlang na die donker, na die tyd wanneer God mense wegneem nie.
21 Jy moet oppas en jy moenie weer sonde doen nie, want jy het gekies om sonde te doen, dit was vir jou beter as om swaar te kry.
22 Onthou, God is sterk, Hy regeer. Niemand kan vir mense leer soos Hy dit doen nie.
23 Niemand kan vir Hom wat Hy moet doen nie, niemand kan vir Hom dat Hy verkeerd doen nie.
24 Jy moenie vergeet om die dinge wat Hy doen, te prys nie. Mense het altyd gesing oor die dinge wat Hy doen.
25 Al die mense sien wat Hy doen, maar hulle sien dit nie naby hulle nie.
26 Onthou, God is groot, ons kan nie weet hoe groot Hy is nie, ons kan nie weet hoe oud Hy is nie.
27 Hy trek die druppels water op en Hy verander die druppels in reën.
28 Die wolke laat dit reën, die reën val op al die baie mense.
29 Niemand verstaan hoe die wolke bymekaarkom, en hoe die donderweer raas en dreun daar waar God woon nie.
30 God laat die weerlig oral slaan, maar Hy laat die see donker bly.
31 Hy regeer, Hy gee die reën, en almal het kos om te eet, meer as genoeg kos.
32 Hy vat die weerlig in sy hand en Hy stuur dit waar dit moet wees.
33 Die beeste hoor ook hoe die donderweer raas en dreun, en hulle wys dat daar 'n storm kom.