Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 35

:
Afrikaans - ABA
1 Elihu het nóg gepraat en hy het gesê:
2 “Job, dink jy dit is reg dat God moet jy is onskuldig?
3 Nee, jy vra vir God: ‘Wat sal U vir my doen? Help dit vir my dat ek nie sonde gedoen het nie?’
4 Ek sal jou antwoord, en ek sal ook jou vriende saam met jou antwoord.
5 Kyk op in die lug, kyk goed, kyk na die wolke hoog bokant jou.
6 As jy sonde gedoen het, wat kan dit aan God doen? As jy aangehou het om verkeerd te doen, wat doen dit aan Hom?
7 Of as jy nie verkeerd gedoen het nie, wat doen jy vir God, wat kry Hy van jou?
8 Wanneer jy verkeerd doen, dan is dit ménse wat swaarkry, mense soos jy. En wanneer jy reg doen, dan doen jy dit aan ménse.
9 Wanneer iemand ander mense verdruk, dan skree hulle en hulle vra dat iemand moet help. Hulle roep en vra dat iemand hulle moet help teen mense wat sterker is as hulle.
10 Maar hulle vra nie vir God om hulle te help nie, God wat hulle gemaak het en wat hulle laat sing ook wanneer dit donker is om hulle.
11 God leer vir ons meer as vir die diere, Hy maak ons slimmer as die voëls, ons verstaan beter.
12 Daarom doen Hy niks wanneer daardie mense skree en vra dat iemand hulle moet help nie, want hulle is hoogmoedig en sleg.
13 Dit help niks dat hulle skree nie, God hoor hulle nie, die Almagtige sien hulle nie.
14 Job, God sal nog minder luister na jou as jy dat jy Hom nie sien nie, as jy dat jy gekla het by Hom en dat jy nou wag dat Hy iets moet doen.
15 Jy ook dat God nie mense straf wanneer Hy kwaad is nie, en dat Hy ook nie baie goed kyk wanneer mense sonde doen nie.
16 Nee, Job, jy dinge wat nie is soos dit moet wees nie, jy praat en praat, maar jy weet niks.”