Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 34

:
Afrikaans - ABA
1 Elihu het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Julle is die wyse mense, maar julle moet luister na my, julle weet alles, maar julle moet hoor wat ek sê.
3 Ore moet hoor wat woorde beteken, tonge moet proe hoe kos smaak.
4 Kom ons besluit wat reg is, ons moet weet wat die beste is.
5 Want Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God het nie reg gedoen aan my nie.
6 Ek is reg, ek kan nie daaroor lieg nie, ek het nie verkeerd gedoen nie, maar ek sterf van my seerplekke.’
7 Watter soort mens is Job? Hoekom hou hy aan om vir God te spot?
8 Hy is vriende met mense wat slegte dinge doen, hy doen dieselfde dinge wat mense doen wat verkeerd lewe.
9 Want hy het gesê dit help nie om te doen wat God wil nie.
10 Julle slim mense, julle moet luister na my. God doen nie verkeerd nie, die Almagtige doen niks wat sleg is nie.
11 Nee, God gee vir elke mens wat hy moet kry. God kyk hoe elke mens gelewe het, en dan gee God vir hom wat hy daarvoor moet kry.
12 En ook, God doen nie verkeerd nie, Hy oordeel altyd reg, dit is seker.
13 God regeer oor die aarde, niemand het gesê Hy moet dit doen nie. Die hele wêreld behoort aan Hom, niemand het dit vir Hom gegee nie.
14 As Hy besluit om die lewe van 'n mens terug te neem, die asem wat Hy gegee het,
15 dan sal alles wat lewe, saam sterf, al die mense sal weer stof word.
16 Job, as jy verstaan wat ek vir jou sê, dan moet jy luister.
17 Dink jy regtig dat God kan regeer as Hy nie daarvan hou om reg te doen nie? Dink jy dat God verkeerd gedoen het, God wat sterk en regverdig is?
18 God vir konings en belangrike mense dat hulle sleg is en verkeerd doen.
19 Hy nie altyd dat net die leiers reg is nie, Hy doen nie méér vir ryk mense as vir arm mense nie, want Hy het hulle almal gemaak.
20 Elke mens sterf wanneer God so besluit. Mense skrik groot in die middel van die nag, hulle sterf, hulle is miskien belangrike mense, maar hulle sterf maklik.
21 God sien alles wat 'n mens doen, Hy sien elke tree wat 'n mens gee.
22 Mense wat slegte dinge doen, kan probeer om weg te kruip in donker plekke, maar God kan ook dáár vir hulle sien.
23 Ja, God kyk net een maal na 'n mens wanneer die mens moet kom sodat God hom kan oordeel.
24 God weet klaar, Hy sal nie eers kyk en luister wanneer Hy belangrike mense verneder en ander mense in hulle plek kies en aanstel nie.
25 Nee, Hy weet alles wat hulle doen, en Hy verander alles in een nag, Hy breek hulle.
26 Hy straf hulle op die plek waar Hy die mense straf wat verkeerd doen en waar almal dit sien.
27 Hy doen dit omdat hulle opgehou het om Hom te dien, en omdat hulle nie wou doen wat Hy wil nie.
28 Dit is hoekom die arm mense geskree het en gevra het dat God hulle moet help. God het gehoor hoe skree die mense wat hulleself nie kan help nie.
29 [29-30] As Hy stilbly en nie help nie, dan kan niemand dat Hy verkeerd doen nie. As Hy wegkyk, dan kan niemand vra dat Hy moet help nie. Hy laat mense regeer wat Hom nie dien nie, hulle vang volke en mense in hulle vangnette.
30 ***
31 Job, het jy bely dat jy sonde gedoen het? Het jy belowe om dit nie weer te doen nie?
32 Het jy gevra dat God jou sondes vir jou moet wys? Jy het verkeerde dinge gedoen, maar jy het nie geweet dat dit sonde is nie. Wanneer jy verkeerd gedoen het, het jy dan gesê dat jy dit nie weer sal doen nie?
33 Jy wil nie aanvaar dat God reg doen nie, moet Hy nou vir jou daaroor straf? Dit moet besluit, nie ek nie. Jy moet wat jy weet.
34 'n Verstandige en wyse mens wat my hoor, sal sê:
35 ‘Job weet nie wat hy praat nie, hy niks wat verstandig is nie.’
36 Job praat soos 'n slegte mens praat, ons moet alles hoor en ons moet besluit of hy reg of verkeerd is,
37 want hy het sonde gedoen en hy is ook opstandig teen God. Hy hou aan om met ons te stry, hy praat en praat teen God.”