Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 33

:
Afrikaans - ABA
1 Maar, Job, jy moet nou luister na my, jy moet alles hoor wat ek sê.
2 Kyk goed, ek maak my mond oop, die tong in my mond praat.
3 Ek sal baie eerlik wees, ek sal duidelik wat ek weet.
4 God die Almagtige het my gemaak, Hy het vir my lewe gegee, Hy het asem gegee wat my laat lewe.
5 Job, jy moet my antwoord as jy kan, jy moet gereedmaak om te praat.
6 Kyk, wanneer ons saam voor God staan, dan is ek dieselfde soos jy, Hy het my ook van klei gemaak.
7 Daarom, jy moenie bang wees vir my nie, ek sal dit nie vir jou baie moeilik maak nie.
8 Ek het goed gehoor wat jy sê, ek kan jou woorde nou nog onthou.
9 Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig, ek het niks verkeerd gedoen nie, my hande is skoon, ek het nie sonde gedoen nie.
10 Maar God is téén my, Hy maak of ek sy vyand is.
11 Hy sit my voete in 'n blok, Hy sien alles raak wat ek doen.’
12 Maar Job, ek vir jou: Jy is verkeerd wanneer jy dit sê. God is groot, 'n mens kan nie met Hom stry nie.
13 Hoekom beskuldig jy vir God? Hoekom jy dat Hy nie wil antwoord nie?
14 Want God praat weer en weer, maar mense luister nie.
15 God praat in die nag, wanneer mense vas slaap, Hy wys vir hulle dinge wanneer hulle droom.
16 Hy duidelik vir hulle wat Hy wil hê, Hy waarsku hulle, en hulle word bang.
17 Hy wil hulle moet ophou om verkeerd te doen, hulle moet ophou om hoogmoedig te wees.
18 God wil keer sodat 'n mens nie sterf nie, Hy wil die mens red van die graf.
19 Hy straf 'n mens, Hy laat hom siek word, die pyn hou nooit op nie.
20 Kos maak daardie mens naar, ook die lekkerste kos.
21 Hy word so maer dat hy net vel en bene is.
22 Hy is naby die dood, hy is amper in die graf.
23 Maar daar kom miskien 'n engel by hom, een van die baie engele wat daar is. Die engel wil vir hom bid en vir hom wat hy moet doen.
24 Die engel is jammer vir hom en die engel bid en sê: ‘Moenie dat hy sterf nie, ek sal hom loskoop.’
25 Dan sal daardie mens weer jonk word, sy liggaam sal nuwe krag kry.
26 Hy sal tot God bid, en God sal doen wat hy vra. Hy sal vir God dien en bly wees, God sal hom beloon omdat hy gedoen het wat reg is.
27 Dan sal hy vir mense sê: ‘Ek het sonde gedoen, ek het nie gedoen wat reg is nie, en God het my nie gestraf nie.
28 Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, ek geniet nog die lewe.’
29 Luister na my: God doen dit alles met 'n mens, Hy doen dit weer en weer.
30 God hou 'n mens weg van die graf, Hy laat die mens die lewe geniet.
31 Job, jy moet luister na my, jy moet hoor wat ek sê, jy moet stilbly sodat ek kan praat.
32 Of, as jy iets wil sê, dan moet jy dit vir my sê. Jy moet praat, ek wil graag hoor dat jy onskuldig is.
33 As jy niks het om te nie, dan moet jy luister na my. Jy moet stilbly, sodat ek vir jou wysheid kan leer.”