Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 32

:
Afrikaans - ABA
1 Die drie manne het opgehou om met Job te praat, want hy het aangehou dat hy onskuldig is.
2 Maar toe het Elihu kwaad geword vir Job. Elihu was die seun van Barakel. Barakel was van die Ram-familie, van die nageslag van Bus. Elihu het kwaad geword omdat Job gesê het is reg en God is verkeerd.
3 Elihu was ook kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle nie geweet het wat om vir Job te antwoord nie. Hulle het net gesê dat Job verkeerd gedoen het.
4 Elihu wou nie dadelik met Job praat nie, want die drie vriende was ouer as hy.
5 Maar toe hy sien dat die drie vriende nie vir Job kan antwoord nie, het hy kwaad geword.
6 Elihu seun van Barakel, van die nageslag van Bus, het begin praat en hy het gesê: “Ek is jonk, en julle is oud, daarom het ek gewag, ek was bang om vir julle te wat ek weet.
7 Ek het gedink ouer mense moet eerste praat, want hulle weet wat wysheid is.
8 Maar nee, dit is die gees in 'n mens, die gees wat die Almagtige gee, wat 'n mens verstandig maak.
9 'n Mens kry wysheid nie net omdat jy oud geword het nie, 'n mens weet wat reg is nie net omdat jy 'n oumens is nie.
10 Daarom ek: Luister na my, ek wil ook wat ek weet.
11 Onthou, ek het gesê ek het gewag totdat julle eerste gepraat het, ek het geluister na die slim dinge wat julle gesê het terwyl julle gesoek het na die regte woorde.
12 Ek het goed geluister na wat julle sê, maar niemand kon wys dat Job verkeerd is nie, nie een van julle kon hom reg antwoord nie.
13 Oppas, julle moenie sê: ‘Ons het wysheid gekry’ nie. 'n Méns kan nie vir Job antwoord nie, net God kan dit doen.
14 Job het nie met gepraat nie, en ek sal hom nie antwoord soos julle dit probeer doen het nie.
15 Job, jou vriende weet nie meer wat om te nie, hulle is deurmekaar.
16 Maar ek sal nie langer wag nie, want hulle niks, hulle staan net daar, hulle praat nie meer met jou nie.
17 Nou wil ek ook iets doen, ek wil wat ek weet.
18 Want ek het baie wat ek wil sê, ek kan nie stilbly nie.
19 Ja, ek voel soos 'n wynsak wat wil bars, die woorde waaraan ek dink, is so baie.
20 Ek moet praat, dan sal ek beter voel, ek sal wat ek wil sê.
21 Ek wil nie téén een mens wees en 'n ander mens kies nie, ek wil niemand te veel prys nie.
22 Ek prys nie graag mense nie, en wanneer ek dit doen, dan sal God my dadelik straf, God wat my gemaak het.