Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 40

:
Afrikaans - ABA
1 Toe het die Here weer met Job gepraat. Die Here was in 'n stormwind en Hy het gesê:
2 “Job, jy moet gereedmaak, jy moenie bang wees nie. Ek sal vra, en jy moet my antwoord.
3 Wil jy regtig dat Ek verkeerd is, wil jy dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is?
4 Is jy so sterk soos God? Kan jy soos God die donderweer laat raas en dreun?
5 As jy dit kan doen, wys dan dat jy ook 'n koning is, dat jy sterk is en dat almal jou moet respekteer.
6 Wys hoe kwaad jy is, kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom.
7 Kyk na elke mens wat hoogmoedig is, en verneder hom, trap die mens wat verkeerd doen, plat, trap hom daar waar hy staan.
8 Begrawe hulle in die grond, sluit hulle toe in die doderyk.
9 As jy dit kan doen, dan sal Ek jou prys, want dan het jy gewen.”
10 “Maar kyk ook na die seekoei. Toe Ek jou gemaak het, het Ek ook die seekoei gemaak. Hy vreet gras soos 'n bees.
11 Hy is 'n sterk dier, sy liggaam is vol spiere.
12 Hy hou sy stert so reguit soos 'n sederboom, en hy het sterk spiere in sy bene.
13 Die bene in sy lyf is so sterk soos waterpype van brons, so sterk soos stukke yster.
14 Hy is die belangrikste dier, God het hom gemaak, en net God kan hom oorwin.
15 Hy kry sy kos in die berge waar al die wilde diere speel.
16 Hy onder die waterplante, hy kruip weg tussen die riete in die vlei.
17 Die waterplante maak hom toe, hulle skaduwee beskerm hom, en rondom staan die populierbome wat in die valleie groei.
18 Wanneer die rivier vol word, dan skrik hy nie, hy staan stil as die Jordaan-rivier se water teen sy bek vloei.
19 Niemand kan sy toedruk en hom aan sy neus vang nie.”
20 God het vir Job gesê: “Kan jy 'n krokodil uit die water trek met 'n hoek, en kan jy sy bek toebind met 'n tou?
21 Kan jy 'n tou van biesies deur sy neus steek en kan jy 'n hoek vasmaak aan sy kakebeen?
22 Sal hy aanhou om mooi te vra dat jy hom moet los, sal hy aanhou soebat?
23 Sal hy 'n ooreenkoms maak met jou sodat hy altyd jou slaaf sal wees?
24 Kan jy met hom speel soos met 'n voëltjie? Kan jy hom vasbind en hom wys vir jou slavinne?
25 Kan mense hom vang en verkoop en in stukke sny vir die handelaars?
26 Kan hulle spiese deur sy vel gooi en 'n ysterhaak aan sy kop sit?
27 As jy een maal aan hom geraak het, dan sal jy dit nie weer probeer doen nie, jy sal daardie oorlog onthou.
28 Jy moet dit weet, jy sal nie kan wen nie, jy sal val wanneer jy net kyk na hom.