Job 26ABA

1Job het weer gepraat. Hy het vir Bildad gesê:

2“Het jy probeer om my te help omdat ek nie krag het nie? Wou jy my help omdat ek te swak is om self iets te doen?

3Het jy probeer om vir my te sê wat ek moet doen omdat ek nie wysheid het nie? Jy het baie gepraat, soos iemand wat die ware wysheid het.

4Wie het vir jou gesê wat jy moet sê, by wie het jy dit gehoor?”

5“Die geeste bewe daar onder die water, die geeste van die mense wat gesterf het.

6God sien wie in die doderyk is, niemand kan in die onderwêreld wegkruip vir Hom nie.

7Niemand kon op die aarde woon toe God die hemeldak styfgetrek het nie. Daar was niks onder die aarde toe God die aarde opgehang het nie.

8God maak die wolke vol reënwater, en die wolke bars nie van al die water nie.

9God steek sy troon weg in die hemel agter die wolke.

10Hy het die horison rondom die see gesit, daar waar die lig ophou en die donker begin.

11Wanneer God kwaai praat, dan skud en bewe die pilare waarop die hemeldak staan.

12God is sterk, Hy het die see oorwin, God het wysheid, Hy het vir Rahab doodgemaak.

13God laat die wind waai, en die lug word skoon en helder. Sy sterk hand het die slang doodgemaak toe die slang wou vlug.

14Hierdie is net 'n paar van die dinge wat God gedoen het, Hy het nog baie meer gedoen. Ons weet min van Hom, niemand kan verstaan en weet wat God alles kan doen nie.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.