Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 26

:
Afrikaans - ABA
1 Job het weer gepraat. Hy het vir Bildad gesê:
2 “Het jy probeer om my te help omdat ek nie krag het nie? Wou jy my help omdat ek te swak is om self iets te doen?
3 Het jy probeer om vir my te wat ek moet doen omdat ek nie wysheid het nie? Jy het baie gepraat, soos iemand wat die ware wysheid het.
4 Wie het vir jou gesê wat jy moet sê, by wie het jy dit gehoor?”
5 “Die geeste bewe daar onder die water, die geeste van die mense wat gesterf het.
6 God sien wie in die doderyk is, niemand kan in die onderwêreld wegkruip vir Hom nie.
7 Niemand kon op die aarde woon toe God die hemeldak styfgetrek het nie. Daar was niks onder die aarde toe God die aarde opgehang het nie.
8 God maak die wolke vol reënwater, en die wolke bars nie van al die water nie.
9 God steek sy troon weg in die hemel agter die wolke.
10 Hy het die horison rondom die see gesit, daar waar die lig ophou en die donker begin.
11 Wanneer God kwaai praat, dan skud en bewe die pilare waarop die hemeldak staan.
12 God is sterk, Hy het die see oorwin, God het wysheid, Hy het vir Rahab doodgemaak.
13 God laat die wind waai, en die lug word skoon en helder. Sy sterk hand het die slang doodgemaak toe die slang wou vlug.
14 Hierdie is net 'n paar van die dinge wat God gedoen het, Hy het nog baie meer gedoen. Ons weet min van Hom, niemand kan verstaan en weet wat God alles kan doen nie.”