1Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:
2“God regeer, almal moet bang wees vir Hom, Hy gee vrede tot in sy hoë hemel.
3Niemand kan tel hoe groot sy leërs is nie, sy son skyn oor al die mense.
4Kan 'n mens regverdig wees voor God? Kan 'n mens onskuldig wees? Nee, hy kan nie onskuldig wees nie.
5Die maan en die sterre is nie blink en helder genoeg vir God nie.
6'n Mens kan ook nie regverdig wees nie, 'n mens wat so onbelangrik is soos 'n wurm.”