Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 24

:
Afrikaans - ABA
1 Job het gesê: “Hoekom besluit die Allerhoogste God nie wanneer Hy wil oordeel nie? Hoekom moet die mense wat Hom ken, aanhou wag vir daardie tyd?
2 Mense vat ander mense se grond, hulle steel skape en bokke en laat hulle wei saam met hulle eie diere.
3 Hulle vat die weeskind se donkie, hulle hou die weduwee se bees vir hulleself omdat die weduwee geld skuld vir hulle.
4 Hulle gee nie vir die arm mense 'n plek om te lewe nie, die mense in die land wat niks het nie, moet wegkruip.
5 Die arm mense moet soos wildedonkies lewe, hulle moet in die woestyn kos gaan soek vir hulleself en vir hulle kinders.
6 Hulle moet gras bymekaarmaak om te eet, hulle moet die druiwe steel wat oorgebly het in die wingerde van die ryk mense, die mense wat verkeerd doen.
7 Die arm mense moet kaal slaap, sonder klere, hulle het nie komberse wanneer dit koud is nie.
8 Hulle word waternat wanneer dit hard reën in die berge, hulle probeer om agter die rotse weg te kruip.
9 Mense gryp die arm mense se kinders uit hulle ma’s se arms, hulle maak die arm mense se kinders hulle slawe.
10 Die arm mense loop kaal, hulle het nie klere nie, die arm mense bring die ryk mense se koring uit die land, maar hulle self bly honger.
11 Hulle stamp olywe stukkend tussen die mure, hulle trap die druiwe in die parskuipe, maar hulle kry nie iets om te drink nie.
12 Arm mense wat sterf, kla en huil in die stad, hulle het baie seerplekke en hulle skree en vra dat God hulle moet help, maar God luister nie.
13 “Slegte mense hou nie van die lig nie, hulle wil nie dat mense moet sien wat hulle doen nie.
14 Die moordenaar staan op voordat dit lig word, en hy vermoor mense wat hulleself nie kan help nie, hy vermoor arm mense en hy steel wanneer dit nag is.
15 Die persoon wat egbreuk wil pleeg, wag totdat dit donker word, hy dink niemand sal hom sien nie en hy sit 'n sluier oor sy gesig.
16 Diewe wat inbreek, werk in die donker en hulle kruip weg in die dag, hulle wil nie die lig sien nie.
17 Vir daardie mense is die donker soos die oggend, hulle weet hoe dit is om in die nag bang te wees.”
18 “Hierdie slegte mense is soos dinge wat lig is en vinnig op die water wegdryf. God het hulle grond vervloek, niemand gaan werk in hulle wingerde nie.
19 Wanneer dit droog en warm is, dan smelt en verdwyn die sneeu. Dit is dieselfde met sondaars, hulle verdwyn in die doderyk.
20 Die sondaar se eie ma vergeet hom, die wurms hou daarvan om hom te vreet, niemand dink nog aan hom nie. Die mens wat slegte dinge doen, breek soos 'n stuk hout,
21 want hy het die goed gesteel van die vrou wat nie kinders kon kry nie, hy het nooit goed gedoen aan 'n weduwee nie.
22 Maar God is sterker as sterk mense. Wanneer Hy besluit om iets te doen, dan kan die mens wat slegte dinge doen, nie aanhou lewe nie.
23 God laat daardie mens veilig voel, hy dink dat God hom help, maar God sien alles wat hy doen.
24 Mense wat verkeerde dinge doen, is net 'n kort tydjie belangrik, maar dan verdwyn hulle. God laat hulle sterf soos al die plante wat droog word en verlep, hulle sterf soos koring-are wanneer mense dit afsny.
25 Dit is waar, niemand kan dat ek nie die waarheid praat nie.”