Job 22ABA

1Elifas van die land Teman het weer gepraat. Hy het gesê:

2“God kan alles self doen, Hy het nie mense nodig nie, nee, Hy het ook nie slim mense nodig nie.

3Dink jy die Almagtige moet bly wees omdat jy reg gelewe het? Of dink jy dit het Hom gehelp dat jy nooit verkeerd gedoen het nie? Nee.

4Job, dink jy dat Hy jou straf omdat jy Hom gedien het, dink jy dat Hy wil sê dit is hoekom jy skuldig is?

5Nee, dit is omdat jy baie sleg gelewe het, jy het so baie sonde gedoen dat 'n mens dit nie kan tel nie. Dít is hoekom Hy jou straf.

6Ja, jy het jou eie mense se klere gevat, ook toe hulle niks vir jou geskuld het nie, jy het arm mense kaal laat loop.

7Jy het nie water gegee vir mense wat moeg is nie, jy het nie kos gegee vir honger mense nie.

8Al die grond behoort aan die man wat ryk en sterk is, en sy vriende woon daarop.

9Jy het niks gegee vir weduwees nie, jy het weeskinders se goed gevat.

10Dit is hoekom daar vangstrikke om jou is, dit is hoekom jy nou baie bang geword het.

11Dit het vir jou so donker geword dat jy niks kan sien nie. Dit is soos wanneer daar baie water oor jou vloei.

12Jy dink dat God ver bo in die hemel is, ja kyk, Hy is bokant die sterre wat baie hoog is.

13En jy vra: ‘Wat weet God? Kan Hy deur die donker wolke sien om mense te oordeel?’

14Jy dink dat die wolke Hom toemaak sodat Hy nie kan sien nie, jy dink dat Hy bokant die hemeldak loop.

15Wil jy dan aanhou lewe soos die mense wat vóór jou gelewe het, die mense wat sleg gelewe het?

16Daardie mense het gesterf toe hulle jonk was, hulle was soos huise wat weggespoel het.

17Hulle het vir God gesê: ‘Gaan weg van ons!’ Hulle het gesê: ‘Wat kan die Almagtige aan ons doen? Niks.’

18Hulle het dit gesê vir Hom wat hulle ryk gemaak het. Die mense wat verkeerd doen, dink nie soos ek dink nie.

19Mense wat reg doen, die onskuldige mense, is bly en hulle lag wanneer hulle sien dat God die sondaars straf.

20Die mense wat reg doen, sê dan: ‘Ons vyande is dood, en alles wat hulle gehad het, het verbrand.’

21Job, jy moet vrede maak met God, dan sal dit weer goed gaan met jou.

22Jy moet luister na wat Hy vir jou sê, jy moet dit goed onthou.

23As jy terugkom na die Almagtige toe, as jy ophou om sonde te doen, dan sal jy weer word soos jy voorheen was.

24Jy moet onthou dat goud nie méér kosbaar is as stof nie, jy moet onthou dat die beste goud nie méér kosbaar is as die klippe in die rivier nie.

25Dan sal die Almagtige vir jou wees soos goud, soos die beste silwer.

26Ja, dan sal jy bly wees dat die Almagtige jou God is, jy sal weet dat Hy goed wil wees vir jou.

27Jy sal dan tot Hom bid, en Hy sal doen wat jy vra, en jy sal jou geloftes betaal.

28Jy sal besluit oor iets, en dit sal gebeur, daar sal lig wees op jou pad.

29Wanneer God mense onbelangrik laat word, en jy vra dat Hy hulle weer belangrik moet laat word, dan sal God dit doen, Hy red nederige mense.

30God sal 'n mens red, ook wanneer die mens skuldig is. En Hy sal jóú red as jy onskuldig is.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 22.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.