Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 21

:
Afrikaans - ABA
1 Job het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Julle moet goed luister na wat ek sê, dan sal julle my beter kan troos.
3 Julle moet geduldig wees met my sodat ek kan praat. Julle kan spot wanneer ek klaar gepraat het.
4 Ek kla nie oor mense nie, ek kla oor God. En hoekom mag ek nie ongeduldig wees nie?
5 Julle moet na my kyk, dan sal julle geskok en ontsteld wees en dan sal julle stilbly.
6 As ek daaraan dink, dan word ek baie bang, en my hele liggaam bewe.”
7 “Ek vra hoekom kan die mense wat verkeerd doen, aanhou lewe en oud word. Hoekom word hulle baie belangrik?
8 Hulle nageslag is by hulle, hulle sien dat hulle afstammelinge het.
9 Dit gaan goed met hulle huisgesinne, hulle is nie bang nie, God laat hulle nie swaarkry nie.
10 Die mense wat verkeerd doen se beeste kry meer en meer kalwers.
11 Hulle kinders hardloop rond en hulle dans soos skape en bokke.
12 Die mense wat verkeerd doen, sing en hulle vier fees, hulle speel op die tamboeryn en die lier en die fluit.
13 Hulle lewe gelukkig en hulle het vrede wanneer hulle sterf.
14 Hulle vir God: ‘Los ons, ons wil nie weet wat U wil ons moet doen nie.
15 Wie is die Almagtige, hoekom moet ons Hom dien? Sal dit help as ons Hom soebat om ons te help?’
16 Hierdie mense dink dat dit goed gaan met hulle omdat hulle self daarvoor werk. Die mense wat verkeerd doen, dink nie soos ek dink nie.
17 Blaas God die lamp dood van die mense wat verkeerd doen? Nee! Laat Hy dit sleg gaan met hulle? Word Hy kwaad vir hulle en straf Hy hulle?
18 Verdwyn hulle soos kaf wat wegwaai of soos droë blare in 'n stormwind? Nee!
19 Julle God straf die kinders van die mense wat verkeerd doen. Maar ek Hy moet die óúers self straf, húlle moet dit self voel.
20 Die sondaar moet self swaarkry, hy moet weet dat die Almagtige kwaad is vir hom.
21 Die sondaar is nie bekommerd oor hoe dit sal gaan met sy huisgesin nadat hy self gesterf het nie.
22 Niemand kan vir God iets leer wat Hy nie weet nie, God wat regeer oor almal in die hemel.
23 Een mens bly gesond totdat hy sterf, hy lewe rustig en veilig,
24 hy eet lekker en hy word vet.
25 'n Ander mens is nooit gelukkig nie, hy kry swaar totdat hy sterf.
26 Maar hulle altwee sterf en hulle word begrawe, en die wurms vreet hulle op.
27 Ek weet wat julle dink, ek weet dat julle my nog meer wil laat seerkry.
28 Julle wil vra: ‘Waar is die huis van die belangrike man? Wat het oorgebly van die plek waar die mense gewoon het wat verkeerd doen?’ Niks!
29 Het julle vir die mense gevra wat op die pad verbykom? En as julle gevra het, het julle geluister? Nee!
30 Hulle sou vir julle gesê het dat 'n slegte mens veilig bly wanneer dit sleg gaan met ander mense. Hulle sou gesê het dat die slegte mens aanhou lewe wanneer God ander mense straf.
31 Niemand vir die slegte mens dat hy verkeerd gedoen het nie, niemand straf hom oor sy sondes nie.
32 En wanneer hy sterf en begrawe word, dan sal die mense wagstaan by sy graf.
33 Hy kry 'n mooi graf in die vallei, en baie mense loop saam, hulle loop voor en agter sy lyk, hulle is so baie mense dat niemand hulle kan tel nie.
34 Nee, julle probeer om my te troos met wind, julle is vals wanneer julle hierdie dinge vir my sê.”