Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 16

:
Afrikaans - ABA
1 Job het sy vriende geantwoord. Hy het gesê:
2 “Ek het baie gehoor dat mense praat. Julle kan niks vir my verander nie.
3 Hoekom wil julle nie ophou om dinge te wat niks beteken nie? Hoekom hou julle aan om so te praat?
4 As dit met julle gegaan het soos met my, dan kon ek ook soos julle praat. Ek kon dan dinge oor julle en ek kon my tong uitsteek vir julle.
5 Ek kon julle bemoedig en vir julle dat ek jammer is vir julle.
6 Maar as ek praat, dan sal my pyn nie minder word nie, en as ek ophou praat, dan sal die pyn nie weggaan nie.”
7 “Maar nou, o God, U het my krag weggeneem, U het my hele huisgesin laat sterf.
8 U het my gegryp, en dit bewys dat U dink ek is skuldig. Ek is maer en baie swak, en mense sal dink dat ek skuldig is.
9 God is kwaad vir my, Hy breek my, Hy byt hard op sy tande teen my, Hy kyk na my soos iemand kyk na 'n vyand.
10 Mense het oor my gesê wat hulle wil, hulle het my gespot en geklap, hulle is almal téén my.
11 God het my gegee vir mense wat verkeerd lewe, Hy laat slegte mense met my doen wat hulle wil.
12 Dit het goed gegaan met my, maar God het my gebreek. Hy het my aan my nek gegryp en op die grond gegooi. Hy het sy pyle na my toe geskiet.
13 Sy pyle vlieg na my toe, dit sny my niere stukkend, Hy hou aan om my gal op die grond uit te gooi.
14 Hy val my aan en Hy breek my soos wanneer vyande 'n stad se muur afbreek, hulle breek die een stuk af die ander stuk.
15 Ek het rouklere aangetrek, ek het nie meer krag nie.
16 Ek het baie gehuil en my is rooi, daar is swart kringe om my oë.
17 Ek het nie mense seergemaak nie, ek was altyd eerlik wanneer ek bid.”
18 “Aarde, jy moenie my bloed toemaak wat gevloei het nie, ek sal nie ophou om te skree en te vra dat God my moet help nie.
19 Ja, dit gaan sleg met my, maar ek het 'n Getuie in die hemel, die Persoon wat vir my sal getuig, is in die hoë hemel.
20 My vriende spot my, my is vol trane, maar ek bid tot God.
21 Ek vra dat Hy self reg sal doen aan my soos 'n mens dit vir sy vriend sal doen.
22 Want my lewe is amper verby, ek sal op my pad gaan en ek sal nie terugkom nie.