Job 16ABA

1Job het sy vriende geantwoord. Hy het gesê:

2“Ek het baie gehoor dat mense só praat. Julle kan niks vir my verander nie.

3Hoekom wil julle nie ophou om dinge te sê wat niks beteken nie? Hoekom hou julle aan om so te praat?

4As dit met julle gegaan het soos met my, dan kon ek ook soos julle praat. Ek kon dan dinge sê oor julle en ek kon my tong uitsteek vir julle.

5Ek kon julle bemoedig en vir julle sê dat ek jammer is vir julle.

6Maar as ek praat, dan sal my pyn nie minder word nie, en as ek ophou praat, dan sal die pyn nie weggaan nie.”

7“Maar nou, o God, U het my krag weggeneem, U het my hele huisgesin laat sterf.

8U het my gegryp, en dit bewys dat U dink ek is skuldig. Ek is maer en baie swak, en mense sal dink dat ek skuldig is.

9God is kwaad vir my, Hy breek my, Hy byt hard op sy tande teen my, Hy kyk na my soos iemand kyk na 'n vyand.

10Mense het oor my gesê wat hulle wil, hulle het my gespot en geklap, hulle is almal téén my.

11God het my gegee vir mense wat verkeerd lewe, Hy laat slegte mense met my doen wat hulle wil.

12Dit het goed gegaan met my, maar God het my gebreek. Hy het my aan my nek gegryp en op die grond gegooi. Hy het sy pyle na my toe geskiet.

13Sy pyle vlieg na my toe, dit sny my niere stukkend, Hy hou aan om my gal op die grond uit te gooi.

14Hy val my aan en Hy breek my soos wanneer vyande 'n stad se muur afbreek, hulle breek die een stuk af ná die ander stuk.

15Ek het rouklere aangetrek, ek het nie meer krag nie.

16Ek het baie gehuil en my oë is rooi, daar is swart kringe om my oë.

17Ek het nie mense seergemaak nie, ek was altyd eerlik wanneer ek bid.”

18“Aarde, jy moenie my bloed toemaak wat gevloei het nie, ek sal nie ophou om te skree en te vra dat God my moet help nie.

19Ja, dit gaan sleg met my, maar ek het 'n Getuie in die hemel, die Persoon wat vir my sal getuig, is in die hoë hemel.

20My vriende spot my, my oë is vol trane, maar ek bid tot God.

21Ek vra dat Hy self reg sal doen aan my soos 'n mens dit vir sy vriend sal doen.

22Want my lewe is amper verby, ek sal op my pad gaan en ek sal nie terugkom nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 16.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.