Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 14

:
Afrikaans - ABA
1 'n Mens, die kind van 'n vrou, lewe nie lank nie, en dit gaan nooit heeltemal goed met hom nie.
2 Hy is soos 'n blom wat oopgaan en wat dan droog word en verlep, hy is soos 'n skaduwee wat verbykom en nie stilstaan nie.
3 U kyk na so 'n mens, U wil so 'n mens voor die hof bring.
4 Wanneer 'n mens onrein is, dan is hy onrein, niemand kan dit verander nie.
5 Sy tyd om te lewe, is kort, net U weet hoe lank hy sal lewe. U het besluit hoe lank hy sal lewe, en hy sal nie langer lewe as daardie tyd nie.
6 U moet wegkyk en U moet die mens los totdat hy soos 'n dagloner klaar is met die werk wat hy moet doen.
7 Wanneer iemand 'n boom afgekap het, dan kan 'n mens hoop dat die boom weer sal groei en nie sal doodgaan nie.
8 Sy wortels in die grond word oud, dit lyk of hulle droog en dood is,
9 maar wanneer die wortels water kry, dan groei die boom weer, hy kry nuwe takkies.
10 Maar 'n mens word swak, hy sterf en hy is nie meer daar nie.
11 Water raak weg uit die see, en 'n rivier word droog.
12 So sterf 'n mens en hy lewe nie weer nie, hy word nie weer wakker nie, niemand sal hom wakker maak nie, so lank soos wat die hemel daar is.
13 Ek wens dat U my wil wegsteek in die doderyk en dat U my daar wil hou totdat U nie meer kwaad is nie. Ek wens dat U wil besluit hoe lank ek daar moet bly en dat U dan weer aan my sal dink.
14 Maar kan 'n mens weer lewe nadat hy gesterf het? As dit kan gebeur, dan sal ek wag totdat dit weer goed gaan met my, ek sal aanhou wag terwyl ek swaarkry in hierdie lewe.
15 U sal roep, en ek sal antwoord. U sal graag vir my weer wil sien, vir my wat U gemaak het.
16 Ja, dan sal U kyk hoe ek lewe, maar U sal nie my sonde onthou nie.
17 U sal vergeet dat ek opstandig was, U sal maak of U nie weet dat ek verkeerd gedoen het nie.
18 Maar nee, berge val en hulle breek stukkend, rotse gaan weg uit hulle plek,
19 water vloei oor klippe en skuur dit weg, baie water spoel die grond weg. So laat U die dinge verdwyn wat 'n mens graag wil hê.
20 U vat die mens weg vir altyd, en hy gaan, hy lyk nie meer soos hy gelyk het nie, U stuur hom weg.
21 Mense respekteer sy seuns, maar hy weet dit nie. Of mense dink sy seuns is nie belangrik nie, en hy sien dit nie.
22 Hy voel net die pyn in sy liggaam en hy huil en treur oor homself.”