Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 12

:
Afrikaans - ABA
1 Job het geantwoord, hy het gesê:
2 “Is dit waar, is julle nou die enigste mense wat wysheid het!
3 Ek het ook verstand soos julle, ek is nie dommer as julle nie. Almal weet die dinge wat julle sê.
4 My vriende lag nou vir my. Ek het na God geroep en gevra dat Hy my moet antwoord. Ek het heeltemal reg gelewe, maar hulle lag vir my.
5 As iemand self lekker lewe, dan dink hy dat hy kan spot met 'n man wat swaarkry, hy dink dat hy kan trap op 'n man wat val.
6 Die mense wat alles wil verwoes, woon stil en rustig, hulle is nie bekommerd nie. Die mense wat vir God kwaad maak, voel veilig, hulle dink dat hulle met God kan doen wat hulle wil.”
7 “Maar jy moet vir die diere vra, hulle sal vir jou leer, die voëls sal dit vir jou sê,
8 jy moet vir die plante op die grond vra, hulle sal vir jou leer, die visse sal dit vir jou sê.
9 Hulle almal weet dat die Here hierdie dinge laat gebeur,
10 die Here besluit of 'n mens sal lewe, Hy besluit of 'n mens sal asemhaal.
11 Ons het ore om te hoor wat woorde beteken, ons het tonge om te proe hoe kos smaak.
12 Die wysheid kom wanneer jy oud geword het, jy word verstandig baie jare.”
13 “Maar dit is die Here wat wysheid het en wat sterk is. Dit is wat weet wat Hy doen.
14 Wanneer Hy afbreek, dan kan niemand bou nie. Wanneer Hy 'n mens toesluit, dan kan niemand oopmaak nie.
15 Wanneer Hy dit nie laat reën nie, dan is dit droog. Wanneer Hy reën stuur, dan verander die aarde.
16 Die Here is sterk, Hy het ware wysheid, Hy regeer oor die mense wat ander mense bedrieg. Hy regeer ook oor die mense vir wie hulle bedrieg.
17 Hy laat raadgewers van konings arm word, Hy laat regeerders dom dinge doen.
18 Hy maak die bande los waarmee konings mense bind en Hy laat konings self die klere dra van slawe.
19 Hy laat priesters arm word en Hy laat mense val wat dink dat hulle sterk is.
20 Hy laat mense stilbly wat vir ander mense kan wat hulle moet doen en Hy keer sodat leiers nie goed kan dink nie.
21 Hy verneder belangrike mense en Hy keer sodat sterk mense nie goed kan veg nie.
22 Hy laat mense moeilike dinge verstaan, Hy maak lig waar dit donker is.
23 Hy laat volke belangrik word en Hy laat hulle verdwyn, Hy laat volke groot word en Hy besluit wat met hulle sal gebeur.
24 Hy laat die leiers van 'n land se mense onverstandig word, hulle weet nie wat hulle doen nie.
25 Hulle word soos mense wat in die donker loop, soos dronk mense wat nie weet waarnatoe hulle gaan nie.”