Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 62

:
Afrikaans - ABA
1 “Jerusalem, omdat Ek lief is vir jou, sal Ek nie stilbly nie. Ek sal aanhou totdat jy is wat Ek wil jy moet wees, totdat Ek jou gered het. Dit sal soos helder lig wees vir jou, soos 'n fakkel wat brand.
2 Die volke en hulle konings sal sien jy is soos Ek wil jy moet wees en jy is 'n sterk stad. Hulle sal vir jou 'n nuwe naam gee, die Here het self daardie naam gekies.”
3 Die Here sal jou vashou soos 'n baie mooi kroon, soos die tulband van 'n koning.
4 Mense het jou en jou land genoem “Die stad waar nie meer mense woon nie,” en “Die land wat verwoes is.” Hulle sal jou nou nie meer so noem nie. Hulle sal jou nou noem “Die stad waarvan die Here hou,” en hulle sal jou land noem “Die land wat aan die Here behoort.” Want die Here hou van jou, en jou land behoort aan Hom.
5 Soos 'n jongman met 'n meisie trou, so sal jou mense jy behoort aan hulle. Soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God bly wees oor jou.
6 “Jerusalem, Ek het wagte op jou mure gesit, en hulle moet nooit stilbly nie, elke dag en nag.” Julle wat die Here is julle God, julle moenie stilbly nie,
7 julle moet aanhou om vir die Here te vra totdat Hy Jerusalem sterk gemaak het, die stad oor wie almal op die aarde sing.
8 Die Here het sy regter-hand opgelig, sy sterk arm, en Hy het belowe Hy sal nie weer Jerusalem se koring vir die vyande gee nie, die vyande sal dit nie eet nie. Mense van ander lande sal nie meer julle wyn drink nie, die mense van Jerusalem het hard gewerk om daardie wyn te maak.
9 Die mense wat die koring afsny, sal die brood eet en die Here prys. Die mense wat die druiwe pluk en die wyn maak, sal dit drink by die gewyde tempel van die Here.
10 Julle moet kom, julle moet deur die poorte kom, julle moet 'n pad maak vir die volk. Julle moet die pad bou en die klippe uit die pad gooi, julle moet 'n vlag opsteek sodat die volke dit kan sien.
11 Die Here praat nou met al die mense op die aarde. Hy hulle moet vir Sion sê: “Kyk, jou Redder kom, en Hy bring sy volk saam met Hom, hulle is die mense wat aan Hom behoort.”
12 Die volk se naam sal wees: Gewyde Volk,” die Here het hierdie volk vrygemaak, en Jerusalem se naam sal wees: “Stad waarvan mense hou,” dit is die stad waar mense wil woon.