Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Isaiah 52

:
Afrikaans - ABA
1 Sion, jy moet wakker word, jy moet wakker word, jy moet weer sterk wees. Jerusalem, gewyde stad, jy moet mooi klere aantrek, want mense wat nie besny is nie, mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.
2 Jerusalem, jy was soos 'n gevangene. Jy het in die stof gesit en daar was 'n tou om jou nek. Skud af die stof, maak los die tou.
3 Ja, die Here sê: “Ek het julle verkoop, maar Ek het nie geld gekry nie. Ek sal julle vrymaak, maar Ek sal nie geld betaal nie.”
4 Ja, die Here sê: “Eers het my volk na die land Egipte gegaan. Hulle was daar vreemdelinge. Hulle het niks gedoen aan die Assiriërs nie, maar die Assiriërs het hulle verdruk.
5 En nou, wat sal Ek hier doen?” Die Here dit. “Vyande het my volk gevat, maar my volk het niks aan hulle gedoen nie. My volk se regeerders huil.” Die Here dit. “Die vyande hou die hele dag aan om sleg te praat van My.
6 Daarom sal my volk weet wie Ek is, daarom sal hulle daardie dag weet dit is Ek wat sê: Hier is Ek.”
7 Daar kom 'n boodskapper oor die berge. Dit is mooi om te sien hoe hy hardloop. Hy kom daar sal vrede wees. Hy bring goeie nuus, hy kom die Here sal sy volk red. Hy kom vir Sion: “Jou God is Koning.”
8 Luister, Sion, jou wagte skree, hulle juig almal, want hulle sien self dat die Here terugkom na jou toe.
9 Klippe van Jerusalem, julle moet bly wees, julle moet saam juig, want die Here laat dit weer goed gaan met sy volk. Hy het Jerusalem vrygemaak.
10 Die Here het vir al die volke gewys dat sy heilige arm sterk is. Al die mense op die aarde sal sien dat ons God ons red.
11 Gaan weg uit Babel, loop! Kom uit daardie land. Moenie raak aan daardie onrein plek nie. Julle wat die tempel-gereedskap van die Here dra, julle moet uitkom, julle moet rein bly.
12 Wanneer julle daar weggaan, dan sal julle nie hardloop nie, julle sal nie vlug nie, want die Here sal julle lei, die God van Israel sal by julle wees.
13 Die Here sê: “Kyk, my dienaar sal doen wat hy moet doen, hy sal baie belangrik word.
14 Voorheen was baie mense verbaas oor hom. Hy het sleg gelyk, hy het amper nie meer soos 'n mens gelyk nie.
15 Maar toe het hy baie volke regop laat staan, hulle was verbaas, en konings het opgehou om hom te beskuldig, want hulle het dinge gesien, niemand het vir hulle daarvan vertel nie, hulle het dinge geweet wat niemand vir hulle gesê het nie.”