Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 48

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here sê: Nageslag van Jakob, julle wat julleself Israel noem en wat uit die Juda-stam kom, julle moet luister na wat Ek sê. Julle noem die Naam van die Here wanneer julle dinge belowe. Julle julle dien die God van Israel, maar julle doen dit nie regtig nie.
2 Julle noem julleself die mense van die gewyde stad en julle dink die God van Israel sal julle help. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.
3 Maar Ek het lank gelede gesê wat sal gebeur. Ek het dit gesê en Ek het dit gedoen. Dit het skielik gebeur.
4 Ek het geweet julle is hardkoppig. Julle koppe is so hard soos yster en brons.
5 Daarom het Ek lank gelede vir julle gesê wat met julle sal gebeur. Julle kan nie dat julle afgode hierdie dinge laat gebeur het nie, die beelde wat julle self gemaak het, het dit nie laat gebeur nie.
6 Julle het gehoor wat Ek gesê het, julle het gesien wat gebeur. Julle moet sê: ‘Ja, dit is waar.’ Van nou af sal Ek nuwe dinge vir julle sê, dinge wat Ek nie voorheen gesê het nie, dinge wat julle nie geweet het nie.
7 Dit is dinge wat Ek nou sal doen. Ek het dit nie voorheen gedoen nie en Ek het dit nie vir julle gesê nie. Julle kan nie dat julle hierdie dinge klaar weet nie.
8 Julle het dit nie gehoor nie en nie geweet nie. Ek het dit nie vir julle gesê nie omdat Ek weet julle is baie ontrou en julle was altyd opstandig.
9 Ek het geduldig gebly. Hoekom? Omdat my Naam die Here is. Ek het julle nie laat sterf nie, want Ek wil mense moet My eer.
10 'n Mens smelt silwer om dit skoon te maak, so het Ek julle in die smelt-oond van swaarkry skoongemaak.
11 Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is. Ek sal niks laat ontwy wat aan My behoort nie, Ek gee nie vir iemand anders die eer wat Ek moet kry nie.
12 “Nageslag van Jakob, Israeliete, Ek het julle geroep, julle moet luister na wat Ek sê. Ek is die Here, Ek is die eerste, Ek is ook die laaste.
13 Ek het die aarde op sy plek neergesit en Ek het die hemeldak gemaak en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent. Ek het gesê die aarde en die hemeldak moet daar wees, en toe was hulle daar.
14 Nou moet julle almal bymekaarkom en luister. Wie het gesê hierdie dinge sal gebeur? Nie julle gode nie! Ek, die Here, stuur die man van wie Ek hou, hy moet met die stad Babel en sy mense doen wat Ek wil hê.
15 Dit is Ek wat gepraat het en wat die man geroep het. Ek het gesê hy moet kom, en hy sal kan doen wat hy moet doen.
16 Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê. Ek het dit van die begin af vir julle gesê, Ek was daar toe dit begin gebeur het.” Die Here het my gestuur, Hy het vir my en sy Gees gestuur.
17 Ek moet dit is die Here wat praat. Hy is die Heilige God van Israel wat vir julle wil vrymaak. Hy sê: “Ek is julle God die Here wat vir julle leer om te doen wat julle moet doen, en Ek lei julle op die pad waar julle moet loop.
18 As julle gedoen het wat Ek vir julle gesê het, dan sou dit goed gegaan het met julle. Dan sou alles weer reg gewees het. Dit sou gewees het soos 'n rivier wat vloei of soos die branders van die see.
19 Julle nageslag sou so baie gewees het soos sand, en wanneer vyande julle wou doodmaak, dan sou Ek hulle gekeer het.
20 Julle moet uitgaan uit die stad Babel, julle moet vlug. Julle moet juig en hard skree, so hard dat al die mense op die aarde dit hoor. Julle moet sê: ‘Die Here het sy dienaars, die nageslag van Jakob, vrygemaak.
21 Hulle het nie dors geword toe hulle deur droë plekke geloop het nie. Die Here het vir hulle water uit 'n rots laat vloei. Hy het die rots oopgebreek, en die water het daaruit gestroom.’
22 Maar dit sal nie goed gaan met die mense wat verkeerd doen nie. Dit het die Here gesê.”