Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 47

:
Afrikaans - ABA
1 “Stad Babel, jy was soos 'n meisie wat nie gewerk het nie en wat altyd gekry het wat sy wil hê. Maar nou moet jy afklim van jou stoel en jy moet op die grond gaan sit.
2 Jy moet 'n maalklip neem en jy moet meel maal, jy moet jou sluier afhaal en jou rok optel en jy moet kaalbeen deur riviere loop.
3 “Die mense sal sien jy is kaal en hulle sal vir jou kyk en jou spot. Ek, die Here, sal jou straf. Ek straf almal wat verkeerd doen.”
4 Dit is die Here wat ons vrymaak. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer, Hy is die Heilige God van Israel.
5 “Babel, die mense het gesê jy regeer oor al die lande, maar hulle sal dit nie weer nie. Jy moet nou stilbly en in die donker sit.
6 Ek was kwaad vir my mense, Ek het gesê my volk is nie meer goed om My te dien nie en Ek het hulle vir jou gegee sodat jy hulle kan oorwin. Jy was nie jammer vir hulle nie, jy het ook die ou mense baie swaar laat kry.
7 Jy het gedink jy sal altyd belangrik wees, jy het nie gedink wat met jou kan gebeur nie.
8 Jy het gevat wat jy wil en jy dink jy is veilig. Babel, jy dink jou mense sal altyd in jou woon en jy sal nie word soos 'n weduwee wat haar kinders verloor het nie. Maar nou moet jy luister.
9 Twee dinge sal met jou gebeur, dit sal skielik gebeur, op een dag: Jy sal alleen wees soos 'n weduwee en jy sal al jou mense verloor. Jy het gedink jy kan alles regmaak wanneer jy toor, maar hierdie dinge sal met jou gebeur.
10 Jy het gedink dit sal goed gaan as jy slegte dinge doen, jy het gedink niemand sien jou nie, jy het gedink jy is baie slim. Jy het vir jouself gesê: ‘Niemand is soos ek nie.’
11 Maar dit sal skielik sleg gaan met jou. Dit sal wees soos 'n storm wat 'n mens nie kan keer nie en dit sal nie help om te probeer toor nie.
12 Jy het altyd probeer toor en jy het gedink jy kan wonderwerke doen. Miskien moet jy weer probeer, miskien sal dit help.
13 Jy het altyd vir jou slim mense gevra wat jy moet doen, die mense wat na die lug en die sterre kyk en elke maand vir jou wat sal gebeur. Jy moet nou weer vir hulle vra om jou te help.
14 Maar hulle is soos kaf wat brand, hulle kan hulleself nie red nie. Wanneer die kaf klaar gebrand het, dan bly daar nie kole oor nie, daar is nie kole waar jy kan sit om jouself warm te maak nie.
15 So sal dit gaan met al jou slim mense. Jy het altyd vir hulle gevra wat jy moet doen, maar hulle weet self nie wat om te doen nie, hulle kan jou nie red nie.”