Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 45

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here praat met Kores, die man wat Hy gesalf het. Die Here het hom gehelp om volke te oorwin. Konings het opgehou om oorlog te maak teen Kores en die poorte van stede het vir hom oopgegaan.
2 Die Here vir Kores: “Ek sal jou lei en Ek sal jou pad gelyk maak. Ek sal die poorte van koper en yster breek sodat jy kan ingaan.
3 Ek sal vir jou die goed gee wat die ander konings weggesteek het in donker plekke. Dan sal jy weet Ek is die Here wat jou geroep het en wat jou naam genoem het, Ek is die God van Israel.
4 Ek het dit gedoen om my dienaars te help. Hulle is die nageslag van Jakob, die Israeliete, Ek het hulle gekies. Ek het jou geroep en Ek het jou naam genoem. Jy het My nie geken nie, maar Ek gee vir jou 'n spesiale naam.
5 Ek is die Here, daar is nie nog 'n ander Here nie. Net Ek is God. Jy het My nie geken nie, maar Ek maak jou sterk om oorlog te maak.
6 Dan sal al die volke weet dat net Ek God is. Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie.
7 Ek laat dit lig word of donker word, Ek laat dit goed gaan of sleg gaan, Ek, die Here, doen dit alles.
8 Ek sal vrede gee soos reën uit die wolke in die lug, soos water uit die fonteine in die grond. Dit sal goed gaan, en almal sal reg doen. Ek, die Here, sal dit doen.”
9 Dit sal sleg gaan met iemand wat wil stry met die God wat hom gemaak het en wat vir God wil Hy doen verkeerd. So iemand is soos 'n stuk van 'n kleipot wat gebreek het. Die klei kan nie praat met die pottebakker en sê: “Wat maak jy? Jy werk nie reg nie.”
10 Dit sal sleg gaan met iemand wat vir sy pa en sy ma sê: “Ek is julle kind, maar hoekom lyk ek so?”
11 Dit is die Here wat praat, die Heilige God van Israel. Hy het Israel gemaak. Hy sê: “Hoekom vra julle wat sal gebeur en wie my kinders is? Hoekom wil julle vir my wat Ek moet doen?
12 Ek het die aarde gemaak en die mense daarop. My hande het die hemeldak gemaak en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent, en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.
13 Ek het vir Kores gestuur om te doen wat Ek wil en Ek maak al sy paaie gelyk. Hy sal my stad weer bou en hy sal my mense laat terugkom, my mense wat nou in ander lande is. Niemand sal hom betaal om dit te doen nie.” Dit die Here wat oor alles regeer.
14 Die Here vir die Israeliete: “Ek gee vir julle al die koring van die land Egipte en al die geld van die handelaars van die land Kus. Die groot manne van die land Seba sal kom. Julle sal hulle hande vasbind, en hulle sal voor julle buig en sê: ‘Regtig, God is by julle, en daar is nie 'n ander God nie, nie een nie.’
15 Niemand sien U nie, o God, maar U is die God van Israel, U red vir Israel.
16 Die mense wat beelde van gode gemaak het, is teleurgesteld, hulle voel verneder en skaam.
17 Maar die Here het die Israeliete gered vir altyd. Hulle sal nooit teleurgesteld wees en nie weet wat om te nie.
18 Ja, dit is die Here wat praat. Hy het die hemel en die aarde gemaak. Hy het die aarde gemaak, maar Hy wil nie die aarde moet leeg wees nie. Nee, Hy het die aarde gemaak sodat daar mense kan woon. Hy sê: “Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie.
19 Ek het gepraat waar almal My kon hoor, Ek het nie in 'n donker plek gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê hulle moet My dien op 'n plek waar Ek nie is nie. Ek, die Here, praat wat reg is, Ek wat regtig sal gebeur.
20 Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug, julle moet bymekaarkom, julle moet saam nader kom en kom luister. Die ander volke weet dit nie, die mense wat houtbeelde saam met hulle dra en bid tot gode wat hulle nie kan red nie.
21 vir hulle en laat hulle besluit: Wie is dit wat lank gelede gesê het wat sal gebeur? Dit is Ek, die Here. Daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie nog 'n God wat regtig God is en wat mense kan red nie.
22 Almal op die aarde, julle moet na My toe kom, Ek wil julle red. Ek is God, daar is nie 'n ander God nie.
23 Ek het vir Myself belowe, Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur: Elke knie sal voor My buig, elke mens sal my Naam noem.
24 Hulle sal sê: ‘Net die Here kan mense red en sterk maak.’ Almal wat nou hulle is kwaad vir die Here, sal nie weet wat om te wanneer hulle voor Hom kom staan nie.
25 Maar die hele nageslag van Israel sal aan die Here behoort. Hulle sal wees soos Hy wil hulle moet wees, en hulle sal bly wees daaroor.”