Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 44

:
Afrikaans - ABA
1 “Maar nou moet julle luister, nageslag van Jakob, my dienaars, Israeliete, Ek het julle gekies.”
2 Dit is die Here wat praat, Hy wat vir julle gemaak het, wat vir julle liggame gegee het voordat julle gebore is, dit is Hy wat vir julle help. Die Here sê: “Nageslag van Jakob, my dienaars, nageslag van Jesurun, Ek het julle gekies, julle moenie bang wees nie,
3 want Ek sal dit laat reën op die droë grond, daar sal strome water vloei. Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuur en Ek sal hulle seën.
4 Hulle sal gebore word en groei soos die gras en soos die populierbome langs die riviere.
5 Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’ en hulle sal dit op hulle hande skryf. Hulle sal hulleself noem ‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’
6 Dit is die Here wat praat, die Koning van Israel wat hulle vrymaak, die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “Ek was altyd God en Ek sal altyd God wees, daar is nie 'n ander God nie.
7 Wie is soos Ek? As daar 'n ander God is, dan moet hy praat. Hy moet vir My wat het gebeur vandat Ek lank gelede my volk gemaak het, en Hy moet wat nog sal gebeur.
8 Julle moenie skrik nie, julle moenie bang wees nie, Ek het dit lank gelede vir julle gesê, en julle weet Ek is God. Is daar 'n ander God? Nee, daar is nie een nie, nie een wat kan doen wat hy nie. Ek weet daar is nie 'n ander God nie.”
9 “Al die mense wat beelde maak, is self niks. Hulle is lief vir die beelde, maar die beelde beteken niks. Hulle die beelde is gode, maar hulle sal teleurgesteld wees, want die beelde kan nie sien nie en hulle weet niks.
10 Wie maak 'n god, 'n beeld wat niks beteken nie? Wie is so dom?
11 Almal wat so 'n god aanbid, sal teleurgesteld wees. Dit is mense wat die god gemaak het, en dan kom hulle bymekaar en wag dat die god iets moet sê, maar hulle hoor niks en hulle is teleurgesteld.
12 Die man wat met yster kan werk, maak die yster warm in die vuur en hy slaan die yster met 'n hamer en hy maak 'n beeld met sy sterk hande. Hy word ook honger en moeg en baie dors.
13 Die man wat met hout kan werk, meet die hout en hy teken die beeld. Hy kap en meet totdat die beeld soos 'n mens lyk, 'n mooi mens, en dan sit hy die beeld in 'n tempel.
14 Die man kap 'n sederboom af, of hy kies 'n ander boom en hy wag totdat die boom groot word tussen die ander bome in die bos, of hy plant 'n boom, en die boom word groot as dit reën.
15 Hy maak vuur met die hout en hy maak hom warm, maar hy bak ook brood en hy maak 'n god en hy buig voor die god.
16 Hy maak vuur met party van die hout, en dan braai hy vleis en eet totdat hy genoeg geëet het. Hy maak hom warm en hy sê: ‘Ek het lekker warm geword, die vuur het lig gemaak, en ek kon sien.’
17 Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god. Hy buig voor die beeld en hy bid tot die beeld en sê: ‘Red my, want jy is my god.’
18 Mense wat dit doen, is baie dom. Hulle is toe en hulle weet nie wat hulle doen nie.
19 Hulle is baie dom, hulle het nie gedink dat hulle vuur gemaak het met party van die hout en brood gebak het op die kole en vleis gebraai en geëet het, en dat hulle 'n afgod gemaak het van die hout wat oorgebly het, en dat hulle nou buig voor 'n droë stuk hout nie.
20 Iemand wat dit doen, kul homself, hy kan homself nie red nie. Hy besef nie dat die god wat hy van hout gemaak het, kan verbrand nie, dit beteken niks.
21 Nageslag van Jakob, Israeliete, julle moet hieraan dink, want julle is my dienaars. Ek het julle gemaak, julle is my dienaars, Ek sal julle nie vergeet nie.
22 Julle was opstandig, julle het baie sonde gedoen, maar Ek het dit alles laat verdwyn soos 'n miswolk. Kom terug na My toe, want Ek het julle vrygemaak.
23 Die hemel moet juig, want die Here het dit gedoen. Diep plekke onder die aarde, julle moet skree, berge en bosse en elke boom in die bos, julle moet vrolik wees en juig, want die Here het die nageslag van Jakob vrygemaak, Hy het vir die Israeliete gewys dat Hy die Koning is.”
24 Dit is die Here wat praat. Hy het julle vrygemaak, Hy het vir julle liggame gegee voordat julle gebore is. Hy sê: “Ek is die Here, Ek het alles gemaak, Ek alleen het die hemeldak gemaak, Ek het dit styfgetrek soos 'n tent. Niemand was by My toe Ek die aarde gemaak het nie.
25 Ek wys vir die mense dat hulle niks weet nie, die mense wat wat sal gebeur. Almal sal lag vir die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie.
26 Ek my dienaar het die waarheid gepraat, en alles sal gebeur wat my boodskappers gesê het. Ek vir Jerusalem: Daar sal weer mense in jou woon, en Ek vir die stede van Juda: Mense sal julle weer bou. Jerusalem is nou net 'n hoop klippe, maar Ek self sal Jerusalem weer bou.
27 Ek vir die diep see en die riviere: Julle moet droog word.
28 En Ek vir Kores hy moet my skape, my volk, oppas. Hy sal doen wat Ek wil hy moet doen. Hy sal vir Jerusalem sê: Die mense moet jou weer bou, en hy sal vir die tempel sê: Hulle moet jou fondamente weer bou.”