Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 43

:
Afrikaans - ABA
1 Maar, Israeliete, nageslag van Jakob, nou die Here, Hy wat julle gemaak het: “Julle moenie bang wees nie, want Ek maak julle vry. Ek het julle geroep, Ek het julle name genoem, julle is Myne.
2 Wanneer julle deur water moet gaan, dan is Ek by julle, riviere sal nie oor julle vloei nie. Wanneer julle deur vuur moet gaan, dan sal die vlamme julle nie brand nie.
3 Ja, Ek is julle God die Here, Ek is die Heilige God van Israel wat julle red. Ek gee die mense van die lande Egipte, Kus en Seba in julle plek sodat julle vry kan word.
4 Ek gee ander volke in julle plek, want julle is baie belangrik vir My, en Ek is lief vir julle.
5 Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle, Ek sal julle en julle kinders bymekaarmaak en Ek sal julle bring uit die ooste en uit die weste.
6 Ek sal vir die mense in die noorde sê: Julle moet my volk teruggee! En Ek sal vir die mense in die suide sê: Julle moenie my volk vashou nie! Bring my seuns en my dogters van ver, van oral op die aarde.
7 Bring elkeen wat Ek geroep het sodat hy aan My sal behoort, bring elkeen wat Ek gemaak het sodat hy My sal eer.”
8 Die Here sê: “Julle moet my volk hiernatoe laat kom, die volk wat en ore het, maar wat nie wil sien nie en nie wil hoor nie.
9 Al die volke moet hier bymekaarkom. Is daar een god by hulle wat kon wat sal gebeur of wat lank gelede gebeur het? As daar so 'n god is, dan moet hy praat en hy moet bewys dat hy 'n god is. Almal moet dit hoor en sê: ‘Hy praat die waarheid.’
10 My volk, julle is die mense wat weet wie Ek is, julle is my dienaars, Ek het julle gekies. Ek het dit gedoen sodat julle sal weet wie Ek is en My sal glo en sal verstaan. Daar was nie 'n ander god vóór My nie, en daar sal nie 'n ander god My wees nie.
11 Ek, Ék is die Here. Daar is nie 'n ander god wat julle kan red nie.
12 Dit is Ek wat met julle gepraat het en wat julle gered het. Daar was nie 'n ander god by julle nie. Julle weet Ek is God. Dit die Here.
13 Ook hierna sal Ek nog altyd God wees. Niemand kan julle wegvat van My nie. Niemand kan My keer wanneer Ek iets wil doen nie.”
14 Die Here praat, die Here wat julle vrygemaak het, die Heilige God van Israel, Hy sê: “Ek het 'n man gestuur om die stad Babel aan te val. Ek het dit gedoen om júlle te help. Die mense van Babel sal huil, hulle sal op hulle skepe klim en vlug.
15 Ek is die Here, julle heilige God. Israeliete, Ek het julle gemaak, Ek is julle Koning.”
16 Die Here praat. Dit is Hy wat 'n pad gemaak het deur die wilde see,
17 en wat oorlogkarre en perde gestuur het, en ook baie en sterk soldate. Maar hulle is dood, hulle daar. Hulle sal nie weer opstaan nie, hulle is weg, soos die vlam van 'n lamp wat dood is.
18 Die Here sê: “Julle moenie net dink aan wat voorheen gebeur het nie.
19 Ek laat 'n nuwe ding gebeur, dit sal nou gebeur, en julle weet dit: Ja, Ek maak 'n pad deur die woestyn, en Ek laat riviere daar vloei.
20 Die wilde diere sal My eer, ook die jakkalse en volstruise, want Ek gee water in die woestyn, sodat die volk wat Ek gekies het, water sal om te drink.
21 Die volk wat Ek vir Myself gemaak het, sal vir almal vertel dat Ek God is.”
22 Nageslag van Jakob, Israeliete, julle het gebid, maar julle het nie tot My gebid nie, julle het julleself moeg gemaak, maar julle het dit nie vir gedoen nie.
23 Julle het nie brand-offers van skape of bokke gebring om te eer nie. Ek het julle nie hard laat werk om ete-offers vir My te bring nie, Ek het julle nie moeg gemaak om vir My wierook-offers te bring nie.
24 Julle het nie kalmoes gekoop en vir My die vetste stukke van julle offer-vleis gegee nie, nee, julle het My moeg laat word oor al julle sondes.
25 Maar Ek is die God wat julle vergewe dat julle opstandig is teen My en Ek dink nie aan julle sondes nie.
26 Kom ons kyk wie is reg, bewys vir My dat julle reg is.
27 Julle eerste voorvader het al klaar sonde gedoen, die mense wat met My moes praat en wat moes wat julle sê, was opstandig teen My.
28 Daarom het Ek gesê die priesters sal My nie meer kan dien nie, en het Ek vyande gestuur om die nageslag van Jakob dood te maak, en om die Israeliete te spot.”