Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 28

:
Afrikaans - ABA
1 Dit sal sleg gaan met die stad Samaria. Die mense van Efraim wat altyd dronk is, is trots op Samaria. Die stad is op 'n berg bokant 'n vrugbare vallei, en dit is 'n mooi stad. Maar dit sal word soos 'n blom wat droog word en afval.
2 Die Here sal nou iemand stuur wat sterk is en wat kan doen wat hy wil. Hy sal kom soos 'n hael-storm, 'n stormwind wat alles verwoes. Hy is soos 'n groot reën-storm en hy sal die stad verwoes.
3 Die dronk mense van Efraim is nou trots op hulle stad, maar ander mense sal met hulle voete trap op die stad.
4 Hierdie stad wat op 'n berg is bokant 'n vrugbare vallei, hierdie mooi stad sal word soos 'n blom wat droog word en afval. Die stad sal word soos die eerste vy wat ryp word: Iemand sien die vy en hy pluk dit en sluk dit in.
5 Die mense wat oorgebly het van die volk van die Here, sal daardie dag trots wees op Hom, hulle sal trots wees op die Here wat oor alles regeer.
6 Hy sal vir hulle leer om in die poort reg te besluit oor mense. Hy sal die mense sterk maak wat die vyande moet keer wat in die stad wil inkom.
7 Die priesters en die profete is ook dronk. Hulle het wyn en bier gedrink en hulle loop val-val. Hulle weet nie wat hulle doen nie, hulle weet nie waar hulle is nie. Die Here wys vir hulle wat sal gebeur, maar hulle loop val-val. Hulle moet wat is reg, maar hulle kan nie regop staan nie.
8 Hulle word naar en gooi op en mors op al die tafels in die tempel.
9 Hulle sê: “Ons is nie klein kindertjies nie, hoekom wil Jesaja vir ons leer? Hoekom wil hy vir ons vertel wat die Here vir hom gesê het?
10 Ja, hy praat aanmekaar, hy hou aan om vir ons te wat ons moet doen.”
11 Ja, hulle spot, maar nou sal die Here ook met húlle spot, Hy sal op 'n ander manier met hierdie volk praat.
12 Hy het voorheen vir sy volk gesê: “Hier is die plek waar julle kan rus, hier moet julle die mense wat moeg is, laat rus, hier kan julle veilig woon.” Maar hulle wou nie luister nie.
13 Nou sal die Here weer met hulle praat. Hy sal aanhou om vir hulle te wat hulle moet doen. Hy sal dit doen totdat hulle agteroor val en seerkry, totdat die vyande hulle vang en hulle wegvat.
14 Daarom, julle wat so spot, julle wat oor hierdie volk regeer wat in Jerusalem is, julle moet nou luister wat die Here.
15 Julle moet luister, want julle julle het 'n ooreenkoms gemaak met die dood, en wanneer die watervloed kom, dan sal dit nie by julle kom nie. Julle dink julle leuens sal julle beskerm.
16 Daarom die Here nou: “Kyk, Ek sit 'n klip neer in Jerusalem. Dit is 'n klip wat die mense sal toets, dit is 'n harde hoek-klip waarop iemand 'n muur kan bou. Die mense wat in My glo, sal veilig wees. Hulle sal nie vinnig moet vlug nie.
17 Ek sal die mense toets en Ek sal kyk of hulle reg gedoen het en reg gelewe het. Julle dink julle leuens sal julle beskerm, maar wanneer die vyande soos 'n hael-storm kom, dan sal julle sterf, daar sal niks oorbly van julle nie. Julle leuens sal julle nie beskerm nie.
18 Julle ooreenkoms met die dood sal niks help nie. Wanneer die watervloed kom, dan sal dit oor julle stroom.
19 Die watervloed sal elke dag kom, dit sal oor julle stroom en dit sal julle elke maal wegspoel. Dit sal kom in die dag en in die nag. Almal sal skrik en bewe wanneer hulle hoor dit kom.
20 Niemand sal kan slaap nie. Dit sal wees soos wanneer jy wil slaap maar die bed is te kort, jy kan nie reguit daarop nie, en die kombers is te klein, jy kan jouself nie daarmee toemaak nie.”
21 Want die Here sal baie kwaad word en Hy sal kom. Hy sal kom soos Hy by Perasim-berg gekom het of soos Hy gekom het in die Gibeon-vallei. Hy sal kom om te doen wat Hy wil doen, en dit sal iets wees waarvan julle nie weet nie.
22 Daarom, julle moenie vir mekaar dit sal nie gebeur nie, want dan sal dit nog baie slegter gaan met julle. Ek het gehoor wat die Here, die Here wat oor alles regeer. Hy het klaar besluit, Hy wil die hele land verwoes.
23 Julle moet luister, julle moet hoor wat ek sê:
24 'n Boer hou nie aan om die grond te ploeg wanneer hy iets wil saai nie. Hy hou nie aan om die harde grond stukkend te maak en die grond gelyk te maak nie.
25 Nee, wanneer hy die grond gelyk gemaak het, dan saai hy die saad. Hy saai swartkomyn en komyn en koring en sorghum en gars en spelt. Hy saai elke soort saad waar dit moet kom.
26 Die boer weet wat om te doen, want sy God leer vir hom.
27 Die boer trek nie 'n dors-slee of 'n dors-wa oor swartkomyn en komyn om die saadkorrels uit te kry nie. Nee, hy slaan die saadkorrels uit met 'n stok.
28 En wanneer hy die koring trap met 'n wa en met perde om die koringkorrels uit te haal, dan hou hy nie aan totdat die koringkorrels stukkend is nie. Nee, hy maal die koringkorrels wanneer hy brood wil bak.
29 Dit is wonderlik dat die boer dit alles weet, maar die Here het ook dit vir hom geleer, die Here wat oor alles regeer. Die Here leer vir mense wat om te doen.