Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Isaiah 15

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê: “Die vyande het die stad Ar-Moab in een nag verwoes en afgebreek, hulle het ook die stad Kir-Moab in een nag verwoes en afgebreek.
2 Die mense van die stad Dibon gaan na die tempels, hulle gaan na die offer-plekke om te huil. Die Moabiete huil oor die stede Nebo en Medeba. Hulle het hulle hare en hulle baard afgeskeer,
3 hulle trek rouklere aan op die strate, hulle sit almal en huil op die dakke en op die oop plekke, hulle is baie hartseer, hulle wil sterf.
4 Die mense van die stede Gesbon en Elale roep en vra dat iemand hulle moet help, die mense van die stad Jahas hoor dit. Daarom bewe die soldate van Moab, hulle word moedeloos.
5 Ek is baie jammer vir die Moabiete, want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija, hulle huil en gaan na die stad Lugit, hulle skree op die pad na die stad Goronajim omdat hulle land verwoes is.
6 Daar is nie meer water by die stad Nimrim nie, die gras het droog geword, daar is nie meer plante nie, niks is groen nie.
7 Daarom vat die Moabiete al hulle goed en dra dit oor die Populier-rivier.
8 Al die mense in Moab roep en vra dat iemand hulle moet help, ook die mense in die stede Eglajim en Beër-Elim.
9 Die water van Dibon is vol bloed, maar Ek, die Here, sal dit nog slegter laat gaan met die mense van Dibon. Ek sal leeus stuur om die Moabiete aan te val, die Moabiete wat nog lewe en wat oorgebly het in die land.”