Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 8

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het gesê: “Julle moet die ramshoring blaas en die mense waarsku, want die vyande kom. Hulle is soos arende wat bokant die tempel vlieg en draai. Dit gebeur omdat die mense van Israel die verbond met My breek. Hulle wil nie luister na My nie.
2 Hulle roep en vir My: ‘U is ons God. Ons is u volk Israel, ons is naby U.’
3 Maar hulle het opgehou om goed te doen. Daarom sal die vyande hulle aanval.
4 “Hulle het konings en amptenare gekies en aangestel, maar hulle het nie vir My gevra wie hulle moet aanstel nie. Hulle het beelde gemaak van goud en silwer. Daarom sal die vyande hulle doodmaak.
5 Hulle het in Samaria 'n beeld gemaak van 'n bul-kalf. Ek hou nie daarvan nie, Ek is baie kwaad vir hulle. Hoe lank sal hulle onrein bly? Altyd?
6 Daardie beeld is nie 'n god nie, want 'n Israeliet het dit met sy hande gemaak. Daarom sal die vyande die kalfbeeld van Samaria stukkend slaan.
7 “Die mense van Samaria was soos die wind, maar die vyande sal soos 'n stormwind wees. Die vyande sal die bietjie koring wat julle afsny, alles op-eet.
8 Die Israeliete kry swaar tussen die ander volke. Niemand hou van hulle nie,
9 want hulle het na Assirië gegaan en vriende gesoek. Die mense van Efraim is soos wildedonkies wat alleen rondloop.
10 Hulle het vriende gesoek by die ander volke, maar dit sal nou nog slegter met hulle gaan. Ek sal hulle nou op een plek laat bly, en hulle sal baie swaar kry. Die koning van Assirië sal hulle baie belasting laat betaal.
11 “Ja, die mense van Efraim het baie altare gebou en hulle het sonde gedoen by al die altare.
12 Ek het al my wette vir hulle neergeskryf, maar hulle het gemaak of hulle niks van my wette weet nie.
13 Hulle het vir My offers gebring, maar hulle het die vleis self geëet. Ek hou nie van hulle nie. Ek sal onthou dat hulle sonde gedoen het en Ek sal hulle straf: Hulle sal moet teruggaan na Egipte.
14 “Die mense van Israel het vergeet dat Ek hulle gemaak het. Hulle en die mense van Juda het mooi huise gebou, en ook sterk mure om die stede. Maar Ek sal vuur stuur, en die vuur sal die stede en die groot en sterk huise afbrand.”