Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 9

:
Afrikaans - ABA
1 Die mense van Israel moenie feesvier en juig soos die ander volke nie, want hulle was ontrou aan hulle God. Hulle het die afgod Baäl gedien op al die dorsvloere.
2 Hulle sal nie koring en olyf-olie kry nie, en ook nie wyn nie.
3 Hulle sal nie altyd woon in die land van die Here nie. Die mense van Efraim sal teruggaan na Egipte en hulle sal onrein kos eet in Assirië.
4 Daar sal hulle nie vir die Here wyn kan offer nie. Die Here sal nie hou van hulle offers nie. Die kos wat hulle eet, sal hulle onrein maak. Dit sal wees soos die kos wat mense eet wanneer hulle rou oor iemand wat dood is. Dit is kos wat onrein is, en wat hulle nie in die tempel van die Here mag bring nie.
5 Hulle sal nie kan bymekaarkom om die Fees van die Here te vier nie.
6 Want hulle mense wat nog lewe, sal in Egipte gaan woon. Hulle grafte sal in die stad Memfis wees. Hulle mooi silwergoed sal tussen die bossies lê, en in hulle tente sal dorings groei.
7 Die Here sal hulle straf, en dit sal gou gebeur. Die mense van Israel sal dit weet. Julle dink die profeet is dom. Julle dink hy is mal wanneer die Here vir hom wys wat sal gebeur. Maar hy is so omdat julle so baie sonde doen en omdat julle almal sy vyande is.
8 God het die profeet gestuur, en die profeet moet die mense van Efraim oppas. Maar hulle wil die profeet vang soos 'n mens 'n voël vang. Hulle wil hom aanval, ook in die tempel van sy God.
9 Hulle is baie slegte mense, hulle is so sleg soos die mense van die stad Gibea, lank gelede. Die Here sal onthou wat hulle gedoen het, Hy sal hulle straf oor hulle sondes.
10 Die Here het gesê: “Ek was bly oor die mense van Israel, so bly soos oor druiwe wat 'n mens in die woestyn kry, so bly soos oor die eerste vye aan 'n jong vyeboom. Maar hulle voorvaders het die skande-afgod gaan dien by die stad Baäl-Peor, en hulle het net so stink en sleg geword soos die afgod.
11 “Alles sal verdwyn waarop die mense van Efraim trots was. Dit sal wees soos wanneer 'n duif wegvlieg en nie terugkom nie. Die mense van Efraim sal nie meer kinders kry nie.
12 En wanneer hulle probeer om die kinders wat hulle het, groot te maak, dan sal Ek die kinders doodmaak. Daar sal niemand oorbly nie. Dit sal sleg gaan met hulle wanneer Ek hulle los en weggaan.
13 Die mense van Efraim was vir My soos jong palmbome in goeie grond, maar nou moet die mense van Efraim hulle kinders bring sodat iemand hulle kan doodmaak.”
14 Die profeet Hosea het gebid en gesê: “Here, wat sal U doen met die mense van Israel? Dít is wat U moet doen: Hulle vroue moenie meer kinders kry nie.”
15 Die Here het gesê: “Die mense van Israel het by die stad Gilgal begin om sonde te doen. Ek het hulle daardie tyd begin haat omdat hulle verkeerd gedoen het. Ek sal hulle nou wegjaag uit my tempel, want Ek wil nie meer lief wees vir hulle nie. Hulle amptenare wil nie luister na My nie.
16 Die mense van Efraim het geword soos wingerdstokke wat siek is en wat nie druiwe dra nie, hulle wortels is droog. Die mense van Efraim kry nie kinders nie, en as hulle miskien kinders kry, dan sal Ek die kinders doodmaak.”
17 Die profeet Hosea het gesê: “My God die mense van Efraim is nie meer sy volk nie, want hulle het nie geluister na Hom nie. Daarom moet hulle nou rondswerf tussen ander volke.”