Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 7

:
Afrikaans - ABA
1 Ek wou Israel gesond maak. Maar toe sien Ek dat die mense van Efraim baie sonde doen, Ek sien ook hoe sleg is die mense van Samaria. Hulle lieg en steel, hulle steel mekaar se goed in die strate.
2 Hulle dink Ek weet nie hoe sleg hulle is nie, maar Ek weet alles wat hulle gedoen het.
3 “Die koning en sy amptenare was bly dat hulle mense sleg was en gelieg het.
4 Almal pleeg egbreuk. Hulle is warm soos 'n oond wat warm bly wanneer die bakker nie meer vuurmaak nie en wag dat die brood eers moet reg word om te bak.
5 Hulle koning het feesgevier, en toe het hulle sy amptenare baie dronk gemaak. Die mense wat vir die koning moes help, het gesit en lag.
6 Hulle is soos die kole in 'n oond wat in die nag warm bly en in die oggend weer begin brand. Hulle wag vir die regte tyd om die koning dood te maak.
7 Hulle is soos die vuur in 'n oond wat aanhou brand, hulle maak hulle leiers dood. Hulle konings sterf almal, maar hulle vra nie dat Ek hulle moet help nie.
8 “Die mense van Efraim lewe tussen ander volke, en die volke doen met die mense van Efraim wat hulle wil. Efraim beteken nou niks.
9 Mense van ander lande regeer oor hulle en maak hulle swak, maar hulle weet dit nie. Hulle is soos brood wat oud en muf geword het, maar hulle weet dit nie.
10 Die mense van Israel het gedink hulle is belangrik, maar hulle is nie meer belangrik nie. Hulle het nie teruggekom na hulle God die Here nie. Dit het sleg gegaan met hulle, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle moet doen nie.
11 Die mense van Efraim is soos 'n duif wat dom is. Hulle vra vir Egipte om hulle te help, maar dan vlieg hulle na Assirië toe.
12 Ek sal hulle vang soos 'n mens voëls vang. Ek sal 'n vangnet oor hulle gooi en hulle vang wanneer hulle opvlieg.
13 Dit sal sleg gaan met hulle, want hulle het weggevlug van My. Hulle sal baie swaar kry, want hulle wou nie luister na My nie. Ek wou hulle red, maar hulle het gelieg vir My.
14 “Hulle het gebid en gevra dat Ek hulle moet help, maar hulle was vals. Hulle op die bed en huil en hulle sny hulleself met messe, want hulle dink Baäl sal vir hulle koring en wyn gee. Hulle dien My nie meer nie.
15 Dit is Ék wat hulle grootgemaak het en wat vir hulle geleer het. Ek het hulle sterk laat word, maar hulle maak slegte planne teen My.
16 Hulle gaan na gode toe wat nie kan help nie. Hulle is soos 'n boog wat breek wanneer jy 'n pyl wil skiet. Hulle amptenare sal sterf in oorlog, want hulle het hulleself vervloek. Die Egiptenaars sal vir hulle lag.”