Hosea 6ABA

1Die Here het gesê: “Die mense van Israel en Juda sal sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Dit is Hý wat ons stukkend geskeur het, maar Hy sal ons weer gesond maak. Dit is Hy wat ons geslaan het, maar Hy sal ons seerplekke toedraai.

2Hy sal ons gesond maak ná twee dae, Hy sal ons laat opstaan op die derde dag sodat ons kan lewe soos Hy wil hê.

3Ons wil naby die Here wees, ons is haastig om naby Hom te wees. Hy sal na ons toe kom, dit is seker, so seker soos dit lig word in die oggend. Hy sal kom, soos die reën wat in die lente val en die grond natmaak.’ ”

4Maar die Here sê ook: “Wat moet Ek met julle doen, mense van Israel en Juda? Julle liefde is soos 'n wolk of soos dou. Dit is vroeg in die oggend daar, maar dit verdwyn gou.

5Dit is hoekom Ek die profete gestuur het om hard te praat met julle en vir julle te sê dat julle sal sterf. Ek wou julle straf, so seker soos die son elke dag opkom.

6Ek wou julle straf, want offers en brand-offers is nie vir My belangrik nie. Ek wil hê julle moet lief wees vir My en julle moet naby My wees.

7Julle het die verbond met My gebreek soos julle gedoen het in die stad Adam. Julle was toe ontrou aan My.

8Al die mense in die land Gilead het verkeerde dinge gedoen, hulle was skelm en hulle het mense vermoor.

9Die klomp priesters het soos diewe gelê en wag langs die pad na die stad Sigem en hulle het mense vermoor. Hulle het verkeerde dinge gedoen.

10Die dinge wat Ek in die volk Israel sien, is baie verkeerd. Die mense van Israel is ontrou aan My, hulle het hulleself onrein gemaak.”

11Die Here het gesê: “Wanneer Ek dit weer goed laat gaan met my volk, dan sal Ek dit ook doen vir die mense van Juda.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Hosea 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.