Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 5

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het gesê: “Die priesters, die leiers van Israel, en die koning en sy familie moet almal luister. Hulle moet hoor hoekom die Here hulle wil straf. Hulle het die mense sonde laat doen op baie plekke: in die stad Mispa, op Tabor-berg,
2 en in die stad Sittim. Maar die Here sal hulle almal straf.
3 Die Here weet wat die mense van Israel gedoen het: Hulle was ontrou, en hulle het hulleself onrein gemaak.
4 “Hulle het te veel verkeerde dinge gedoen, hulle kan nie terugkom na hulle God toe nie. Hulle wil graag ander gode dien, hulle wil nie naby die Here wees nie.
5 “Die mense van Israel dink hulle is baie belangrik, maar die Here sal hulle straf oor wat hulle gedoen het. Die Here sal hulle verneder, want hulle het verkeerde dinge gedoen. En Hy sal die mense van Juda ook verneder.
6 Hulle sal skape en bokke en beeste bring om te offer en hulle sal vir die Here vra wat hulle moet doen. Maar die Here sal hulle nie antwoord nie, want Hy het hulle gelos.
7 Hulle was ontrou aan die Here, want hulle het by die tempel-prostitute geslaap en kinders gekry. So het hulle die Nuwemaan-fees gevier, en daarom sal hulle sterf en sal die vyande hulle land vat.”
8 Die Here sê: “Julle moet die mense waarsku. Julle moet die ramshoring en die trompet blaas in die stede, in Gibea, Rama en die sondestad Bet-El. Die vyande kom, hulle is al naby die land Benjamin.
9 Hulle sal die land Efraim verwoes op die dag wanneer die Here hulle sal straf. Dit Ek vir die stamme van Israel, en dit sal gebeur.
10 “Die amptenare van Juda wil nou die mense van Israel se land vat, en daarom sal Ek hulle swaar straf.
11 Die vyande het die mense van Efraim laat swaarkry, en dit is reg. Die mense van Efraim het afgode gedien wat hulle nie kan help nie.
12 Ek het die mense van Efraim en Juda siek en swak laat word.
13 Toe hulle sien hulle is siek, het die mense van Efraim vir Jareb, die koning van Assirië, gevra om hulle te help. Maar hy kon hulle nie help en gesond maak nie.
14 Dit is Ék wat die mense van Efraim en Juda stukkend geskeur het soos 'n leeu mense doodbyt en wegsleep, en daar was niemand wat hulle kon help nie.
15 “Ek sal nou vir hulle wag om na my tempel te kom. Hulle moet hulle het verkeerde dinge gedoen en hulle moet vir My vra wat Ek wil hulle moet doen. Wanneer dit sleg gaan met die mense van Efraim, dan sal hulle vir My kom vra wat hulle moet doen.”