Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Hosea 4

:
Afrikaans - ABA
1 Israeliete, julle moet luister na wat die Here sê. Die Here die mense wat in die land woon, doen verkeerd. Hulle doen nie wat hulle belowe het nie. Hulle is nie lief vir die Here nie, hulle wil nie naby Hom wees nie.
2 Hulle vervloek mekaar, hulle lieg, hulle maak ander mense dood, hulle steel, hulle slaap by ander mans se vroue, hulle hou aan om mense te vermoor.
3 Daarom is dit so droog in die land. Almal wat in die land woon, kry swaar. Die diere en die voëls vrek, ook die visse in die see.
4 Die Here sê: Priester, Ek praat met jou. Jou mense dit is jy wat verkeerd doen, nie iemand anders nie.
5 Jy sal vandag sterf, en die profeet sal saam met jou sterf. Ek sal jou ma ook doodmaak.
6 “My volk sterf omdat hulle nie naby My wil wees nie. Priester, dit was nie vir jou belangrik om naby My te wees nie. Daarom is dit nie vir My belangrik dat jy my priester is nie. Jy wou nie doen wat jou God wil nie. Daarom wil Ek nie jou seuns moet priesters wees nie.
7 “Die priesters het baie geword, en hulle doen baie sonde teen My. Hulle dink hulle is baie belangrik, maar Ek sal hulle verneder.
8 Priesters, julle is bly wanneer my volk baie sonde doen, want dan bring die mense baie sonde-offers, en dan kan julle daarvan eet.
9 “Dit sal met die priesters gaan soos met die volk. Ek sal elkeen straf wat verkeerde dinge doen.
10 Hulle sal eet, maar hulle sal honger bly, hulle sal by baie vroue slaap, maar hulle sal nie kinders kry nie. Hoekom? “Want hulle het opgehou om die Here te dien.
11 Die priesters wil niks anders doen nie, hulle wil net by baie vroue slaap en baie wyn drink.
12 My volk het ook lief geword vir wyn. Daarom vra hulle vir 'n stuk hout wat hulle moet doen. Hulle dink hulle kieries sal vir hulle wat hulle wil weet. Hulle doen dit omdat hulle graag ander gode wil dien, hulle is ontrou aan die Here.
13 My volk offer op die berge en op die heuwels, hulle offer onder die groot bome, want die bome het baie skaduwee. Daarom slaap julle dogters en skoondogters by ander mans.
14 “Maar Ek sal hulle nie straf nie, want hulle mans slaap by die tempel-prostitute en hulle offer saam met die tempel-prostitute. 'n Volk wat nie sy verstand gebruik nie, sal sterf.
15 “Mense van Israel, julle wil graag ontrou wees. Maar julle moenie die mense van Juda verkeerd lei sodat hulle ook ontrou word nie. Julle moenie in die stad Gilgal of in die sondestad Bet-El gaan offer nie. Julle moenie sê: ‘So seker soos die Here lewe’ wanneer julle dinge belowe nie.”
16 Ja, die mense van Israel is net so hardkoppig soos koeie wat nie wil luister na hulle eienaars nie. Hulle wil nie luister na die Here nie. Daarom sal die Here hulle nie oppas soos 'n mens skape in die veld oppas nie.
17 Die mense van Efraim hou van afgode. Hulle moet dit los.
18 Wanneer hulle klaar wyn gedrink het, dan gaan slaap hulle by die prostitute. Hulle leiers hou daarvan om slegte dinge te doen.
19 Wanneer die stormwind hulle wegwaai, dan sal hulle offers nie help nie.