Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 14

:
Afrikaans - ABA
1 Die mense van die stad Samaria moet tevrede wees wanneer God hulle straf, want hulle wou nie luister na hulle God nie. Die vyande sal hulle doodmaak, die vyande sal hulle babatjies doodslaan en hulle sal die swanger vroue oopkap.
2 Mense van Israel, julle moet terugkom na julle God die Here toe, want julle kry swaar. Dit is omdat julle sonde gedoen het.
3 Julle moet terugkom na die Here toe, julle moet vir Hom sê: “Vergewe asseblief ons sonde en luister na wat ons vir U wil sê. Hierdie woorde is ons offer.
4 Die koning van Assirië sal ons nie help nie, en ons wil nie weer oorlog maak nie. Ons sal nooit weer 'n beeld wat ons self gemaak het, is ons god nie. Ons is soos weeskinders, en ons weet dat U goed sal wees vir ons.”
5 Die Here sê: “Ek sal hulle gesond maak sodat hulle nie weer sal weggaan van My nie. Ek sal baie lief wees vir hulle, Ek is nie meer kwaad vir hulle nie.
6 Ek sal vir die Israeliete so goed wees soos die dou vir die veld. Hulle sal so mooi groei soos blomme, en hulle sal diep wortels soos die bome op die Libanon-berg.
7 Hulle jong takkies sal groei en hulle sal so mooi word soos 'n olyfboom, en hulle sal so lekker ruik soos die bome op die Libanon-berg.
8 Die mense sal weer woon in die skaduwee van die Libanon-berg. Hulle sal groei soos koring, hulle sal druiwe dra soos 'n wingerdstok, en hulle wyn sal so goed wees soos die wyn van die Libanon-berg.
9 Mense van Efraim, Ek wil nie meer kyk na die beelde van julle afgode nie. Ek sal luister na julle gebed en Ek sal vir julle sorg. Ek is soos 'n sipresboom wat altyd groen blare het. Dit is Ek wat julle sal laat lewe.”
10 Almal wat wysheid het, almal wat verstand het, moet luister na wat Hosea in hierdie boek geskryf het. Julle moet luister, want die paaie van die Here is reg. Regverdige mense loop op die Here se paaie, maar die mense wat nie na Hom wil luister nie, sal val.