Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 12

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het gesê: “Die mense van Efraim het aangehou om vir die Here te lieg, maar die mense van Juda dien nog die heilige God.
2 Die mense van Efraim vra die Assiriërs om hulle te help, maar dit help niks. Dit is soos iemand wat die wind probeer vang. Hulle lieg oral waar hulle gaan. Hulle soek moeilikheid, want hulle belowe om die Assiriërs te dien, maar hulle stuur olyf-olie na die Egiptenaars toe. Hulle vra die Egiptenaars moet hulle help teen die Assiriërs.”
3 Die Here die mense van Juda het ook verkeerd gedoen, maar Hy wil nou die nageslag van Jakob straf. Hy wil hulle straf omdat hulle verkeerd gedoen het.
4 Jakob was skelm voordat hy gebore is, hy het aan sy broer se voet vasgehou. Toe hy groot was, het hy met God gestoei.
5 Hy het met die Engel gestoei en gewen. Jakob het gehuil, en God was jammer vir hom. God het Jakob by Bet-El gekry en God het daar met Jakob gepraat.
6 Die Here het dit gedoen. Hy is die God wat oor alles regeer, sy Naam is: Die Here.
7 Nageslag van Jakob, nou moet julle terugkom na julle God toe. Julle moet lief wees vir mekaar en doen wat reg is, julle moet altyd glo dat Hy julle sal help.
8 Maar die handelaars meet nie reg wanneer hulle iets verkoop nie, hulle laat die mense swaarkry.
9 Die mense van Efraim sê: “Ons het ryk geword, ons het baie goed bymekaargemaak, maar ons het niks verkeerd gedoen nie, niks.”
10 Die Here sê: “Ek, julle God die Here, het julle geken toe julle nog in Egipte was. Ek sal julle weer in tente laat woon soos daardie tyd toe julle in die woestyn was.
11 Ek het met die profete gepraat, Ek het vir hulle gewys wat sal gebeur. Ek sal hulle nou stuur om so te praat dat die mense hulle nie kan verstaan nie.
12 “Die mense van die land Gilead is sleg en hulle beteken niks. Hulle offer bulle in die stad Gilgal, maar Ek sal hulle altare afbreek, en die klippe van die altare sal op mekaar langs die koringlande.
13 “Jakob het gevlug na die land van die Arameërs. Hy het daar gaan werk om 'n vrou te kry. Hy het skape opgepas om 'n vrou te kry.
14 Die Here het 'n profeet gestuur om die Israeliete uit Egipte te bring, 'n profeet het hulle opgepas.
15 “Maar die mense van Efraim het die Here baie kwaad gemaak. Hulle het baie mense doodgemaak, en hulle Here sal hulle straf.”