Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Amos 4

:
Afrikaans - ABA
1 Luister wat die Here vir julle, vroue op Samaria-berg. Julle is so vet soos die koeie wat in die land Basan wei. Julle verdruk die mense wat swak en arm is, julle laat hulle swaarkry. Julle vir julle mans: “Bring wyn sodat ons kan drink!”
2 Die Here het belowe en Hy, die heilige God, is self die getuie. Hy het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer die vyande julle sal optel met skerp ysters en met vishoeke.
3 Julle sal almal reguit uit die stad moet gaan, reguit oor die afgebreekte muur. Die vyande sal julle wegjaag na Hermon-berg.” Dit die Here.
4 “Mense van Israel, julle moet na die stad Bet-El kom as julle sonde wil doen, julle moet na die stad Gilgal kom as julle nog meer sonde wil doen! Bring elke oggend julle offers, bring julle tiendes elke derde dag.
5 Brand dank-offers, brand brood met suurdeeg in. Vertel vir almal van julle vrywillige offers. Julle Israeliete hou daarvan om te spog.” Dit die Here.
6 “Ek het julle honger laat bly oral waar julle woon. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie.” Dit die Here.
7 “Ek het die reën weggehou toe die koring nog nie ryp was nie. Ek het dit op een stad laat reën, en op 'n ander stad het Ek dit nie laat reën nie. Dit het gereën op een stuk land, en 'n ander stuk land het nie reën gekry nie, dit het droog geword.
8 Die mense van twee of drie stede het na 'n ander stad gekruip om water te soek, maar hulle het nie genoeg water gekry nie. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie.” Dit die Here.
9 “Ek het julle koring-are laat verdroog, en die plantluise het dit opgevreet. Die sprinkane het baie maal al die blare in julle tuine en wingerde opgevreet, ook al die blare van julle vyebome en olyfbome. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” die Here.
10 “Ek het julle siek gemaak, en julle het doodgegaan soos die Egiptenaars. Ek het julle jongmanne in die oorlog laat sterf, en die vyande het julle perde gevat. Julle het geruik dat die dooie liggame stink in julle kamp. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” die Here.
11 “Ek het julle doodgemaak soos Ek die mense van Sodom en Gomorra doodgemaak het. Julle was soos 'n stuk vuurmaak-hout wat Ek uit die vuur gehaal het. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” die Here.
12 “Daarom, mense van Israel, sal Ek nou weer so met julle maak. En omdat Ek dit met julle sal doen, maak nou gereed om julle God te ontmoet.”
13 Dit is Hy wat die berge en die wind gemaak het, Hy wat vir mense wat Hy wil doen, Hy wat dit donker maak wanneer dit al lig moet word, Hy wat oor die hoogste berg van die aarde loop. Sy Naam is die Here, God wat oor alles regeer.