Zephaniah 2NLV

1Reël ’n byeenkoms en vergader, skaamtelose nasie!

2Doen dit terwyl julle nog kan, voordat die oordeel begin en julle soos kaf sal wegwaai. Doen dit nou, voordat die brandende woede van die Here oor julle ontvlam. Doen dit voordat sy verskriklike oordeelsdag vir julle aanbreek.

3Soek die Here, alle nederiges in die land, en doen wat Hy van julle verwag. Soek wat reg is en wees nederig. Miskien sal Hy julle beskerm wanneer die oordeelsdag aanbreek.

4Gasa sal verlate lê en Askelon sal verwoes word. Laatmiddag sal Asdod se inwoners uitgedryf wees en Ekron se inwoners uitgeroei wees.

5Dit sal ellendig gaan met hulle wat van Kreta af kom, met hulle wat woon langs die kus by die see. Dit is die Here se boodskap vir julle: “Kanaän, land van die Filistyne, Ek sal jou vernietig, en geen inwoners sal meer oorbly nie.

6Die kusgebied sal ’n weiveld wees, ’n kampplek vir herders, en ’n skuiling vir skape.”

7Dit sal ook ’n weiplek wees vir die oorblyfsel van Juda. In die aand sal die huise van Askelon hulle rusplekke wees. Die Here hulle God sal vir hulle sorg en hulle weer voorspoedig maak.

8“Ek het gehoor hoe Moab verkleinerend praat, en hoe die Ammoniete die spot dryf. Hulle het my volk verneder en hulle grondgebied bedreig.

9“Daarom,” sê die Here, die Almagtige, die God van Israel, “sowaar as wat Ek lewe, Moab sal word soos Sodom en Ammon soos Gomorra. Hulle lande sal vol onkruid en soutpanne wees, ’n woesteny vir altyd. Dié van my volk wat oorleef het, sal hulle beroof. Die oorblyfsel van my volk sal hulle land inneem.”

10Dit is wat hulle kry in ruil vir hulle verwaandheid, want hulle het my volk verkleineer en beledig, sê die Here, die Almagtige.

11Vir hulle sal die Here ’n verskrikking wees, want al die gode in die land vernietig Hy. Mense uit alle dele van die wêreld, elkeen in hulle eie land, sal voor Hom neerbuig en Hom aanbid.

12“Kussiete,” sê die Here, “ook julle sal Ek doodmaak met my swaard.”

13Hy sal die lande in die noorde tref: Assirië sal Hy vernietig en Nineve ’n verlate plek maak, dor soos die woestyn.

14Skape sal daar lê, en diere van allerlei soorte. Uile van verskeie spesies sal slaap op die murasies. Deur die oop vensters sal hulle geroep weergalm. Bourommel sal die ingange versper en die sederhout sal ontbloot word.

15Dit is die lot van hierdie stad wat so sorgvry woon. “Nêrens in die wêreld,” het die stad geroem en gesê, “is daar ’n stad soos hierdie een nie!” Maar kyk, dit het ’n puinhoop geword, ’n lêplek vir wilde diere! Verbygangers sal fluit van verbasing, hulle hande in ongeloof saamslaan.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Zephaniah 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.