Song of Solomon 8NLV

1“Was jy nou maar net my broer! Het jy ook maar aan my ma gedrink, dan kon ek sonder skaamte jou soen as ek jou buite teëkom.

2Ek kon jou dan bring na my ma se huis, sy wat my kon leer hoe om lief te hê. Ek sou jou laat drink van my kruiewyn, van my soet granaatwyn.

3Sy linkerarm is onder my kop. Met sy regterarm omhels hy my.

4“Belowe my, vroue van Jerusalem, dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie.”

5“Wie kom daar uit die woestyn terwyl sy leun op haar beminde?” “Onder die appelboom het ek jou opgewek, daar waar jou ma jou in die wêreld gebring het, waar sy met pyn aan jou geboorte gegee het.

6Hou my vas teen jou, soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou vinger. Liefde is so sterk soos die dood. Liefdesdrif so magtig soos die doderyk. Dit brand soos ’n vuurvlam wat alles verteer.

7’n Stroom water kan die liefde nie blus nie. Riviere kan dit nie wegspoel nie. Selfs al wil iemand liefde koop met alles wat hy besit, sal hy net uitgelag word.”

8“Ons sussie is nog baie jonk. Borste het sy nog nie. Wat gaan ons doen die dag as iemand vra om met haar te trou?

9As sy ’n muur was, het ons ’n silwertoring rondom haar gebou. As sy ’n deur was, het ons haar afgehok met sederplanke.”

10“Ek is ’n muur. My borste is al soos torings. My beminde is tevrede met my.

11“Salomo besit ’n wingerd in Baäl-Hamon. Hy huur dit uit aan mense wat die wingerd bewerk. Daarvoor betaal hulle hom elkeen 11 000 gram silwer.”

12Maar ek werk alleen in my wingerd. Salomo, hou maar die 11 000 gram silwer vir jouself en gee 2 200 gram silwer vir die mense wat in die wingerd werk.”

13“Jy wat in die tuine woon, jou vriende luister na jou stem. Laat my ook jou stem hoor!”

14“Maak gou, my liefling. Kom na my toe so vinnig soos ’n ribbok, soos ’n jong takbok in die kruieberge!”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.