Song of Solomon 7NLV

1“Dogter van ’n prins, hoe pragtig is jou voete in jou sandale. Die rondings van jou heupe is soos juwele wat ’n kunstenaar met sy hande gemaak het.

2Jou naeltjie is soos ’n ronde houer waarin wyn nooit ontbreek nie. Jou maag is soos ’n hopie koring wat omring is met lelies.

3Jou twee borste is soos tweeling-takboklammers.

4Jou nek is so sierlik soos ’n toring van ivoor. Jou oë is soos die poele by Gesbon, by die ingang na Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van die Libanon wat uitkyk na Damaskus toe.

5Jou kop is soos die Karmelberg, so statig op jou lyf. Die hare op jou kop is soos koninklike purper. Jou haarlokke betower ’n koning.

6“Hoe mooi is jy! Hoe bekoorlik is jy, my liefste! Hoe ’n plesier is jy!

7Jou lenige lyf is soos ’n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

8Ek het vir myself gesê: ‘Teen hierdie palmboom wil ek uitklim en sy dadeltrosse gryp.’ Laat jou twee borste vir my wees soos druiwetrosse. Laat jou asem vir my ruik soos dié van appels,

9jou mond soos goeie wyn wat tussen lippe en tande glad na binne vloei.”

10“Ek behoort net aan my liefling. Hy smag na my.

11Kom, my liefste, kom ons gaan uit na die veld, kom ons gaan slaap tussen die lelies.

12Môre-oggend vroeg gaan ons na die wingerde toe om te kyk of dit al bot, of die botsels al oop is, en of die granaatbome al bloei. Daar gee ek jou my liefde.

13Liefdesappels versprei hulle geur, en by ons deur is daar vrugte, vars en ryp. My liefling, ek het hulle net vir jou gebêre.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.