Song of Solomon 1NLV

1Salomo se heel mooiste lied.

2“Soen my weer en weer! Jou liefde is soeter as wyn.

3Jou parfuum ruik heerlik. Jou naam is soos parfuum! Dis waarom meisies so baie van jou hou.

4Vat my saam met jou! Kom, laat ons hardloop! Laat die koning my na sy kamer toe neem.” “Kom ons juig! Ons is bly oor jou! Ons hou meer van jou liefde as van wyn.” “Geen wonder meisies het jou so lief nie.

5Ek is donker en ek is pragtig, vroue van Jerusalem. Ek het die kleur van die tente van Kedar en die tentdoeke van Salomo.

6“Moenie my so staan en bekyk omdat ek donker is nie. Die son het my so gebrand. My broers was kwaad vir my. Daarom het hulle my die wingerde laat oppas. My eie wingerd moes ek verwaarloos.

7Sê vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteek om na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?”

8“As jy nie weet nie, mooiste van die vroue, loop op die spore van die skape en laat jou bokkies wei daar by die veewagters se tente.

9“My beminde, jy is vir my soos ’n perd voor die farao se oorlogwa.

10Jou wange is pragtig met oorbelle versier. Jou nek is mooi met juwele versier.

11Ons maak vir jou oorbelle van goud, met silwer versiersels daarin.”

12“Terwyl die koning by sy tafel is, versprei die geur van my nardusparfuum.

13My liefling is vir my ’n sakkie mirre tussen my borste.

14My liefling is vir my ’n bos hennablomme uit die wingerde van En-Gedi.”

15“Jy is pragtig, my beminde. Jou oë is so mooi soos die oë van duiwe.”

16“Jy is baie aantreklik, my liefling. Die bed waarop ons lê, is soos groen gras,

17ons huis se balke is soos sederbome, ja, soos sipresbome.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.