Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 93

:
Afrikaans - NLV
1 Die Here is Koning! Hy is met majesteit beklee. Inderdaad, die Here beklee Homself; Hy omgord Homself met krag. Die wêreld is stewig gevestig; dit kan nie wankel nie.
2 U troon is gevestig van altyd af. U bestaan van ewigheid af.
3 Die riviere het hulle verhef, Here. Die riviere het hulle stem verhef. Die riviere verhef hulle met gedruis.
4 Maar bo die gedreun van baie waters, bo die geraas van die golwe van die see, bo alles is die mag van die Here!
5 U bepalings is onveranderlik. Heiligheid versier u woning, Here, tot in lengte van dae.