Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 90

:
Afrikaans - NLV
1 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag.
2 Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God.
3 U laat mense weer terugkeer tot stof, en sê: “Keer terug, mensekinders!”
4 Vir U is duisend jaar soos gister wat verbygaan, soos ’n nagwaak wat gou verby is!
5 U vee mense weg soos drome wat verdwyn, soos gras wat in die oggend opkom:
6 Soggens skiet dit op en groei, in die aand verdroog dit en verwelk.
7 Inderdaad, ons kwyn weg onder u toorn; ons is oorweldig deur u woede.
8 Ons sondes is oop en bloot voor U, ons geheime sondes word bekend in die lig van u teenwoordigheid.
9 Al ons dae gaan verby onder u toorn, ons eindig ons lewe soos ’n sug.
10 Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie.
11 Wie ken die krag van u toorn? Wie ken die vrees van u woede?
12 Leer ons ons dae gebruik dat ons wysheid kan bekom.
13 Kom terug, Here! Hoe lank gaan U nog uitstel? Ontferm U tog oor u dienaars!
14 Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae.
15 Gee ons vreugde na al ons lyding, na al die jare van onheil wat ons beleef het.
16 Laat al u dienaars u werke sien, en hulle kinders u heerlikheid.
17 En mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. Ja, bevestig die werk van ons hande!