Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 32

:
Afrikaans - NLV
1 Geseënd is die mens wie se opstand vergewe is, wie se oortredings afgeskryf is.
2 Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie!
3 Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun.
4 Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte. Sela
5 Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. Sela
6 Daarom moet al die vromes U aanbid in tye van nood. Die groot vloedwaters sal dié mens beslis nie oorval nie.
7 U is vir my ’n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding. Sela
8 Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees.
9 Moenie redeloos wees soos ’n perd of muil wat met stang en toom beheer moet word nie.”
10 Baie leed tref die goddeloses, maar onfeilbare liefde omring húlle wat op die Here vertrou.
11 Daarom, wees bly in die Here en juig, regverdiges! Roep uit van vreugde, julle almal wat opreg is!