Psalms 32NLV

1Geseënd is die mens wie se opstand vergewe is, wie se oortredings afgeskryf is.

2Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie!

3Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun.

4Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte. Sela

5Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. Sela

6Daarom moet al die vromes U aanbid in tye van nood. Die groot vloedwaters sal dié mens beslis nie oorval nie.

7U is vir my ’n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding. Sela

8Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees.

9Moenie redeloos wees soos ’n perd of muil wat met stang en toom beheer moet word nie.”

10Baie leed tref die goddeloses, maar onfeilbare liefde omring húlle wat op die Here vertrou.

11Daarom, wees bly in die Here en juig, regverdiges! Roep uit van vreugde, julle almal wat opreg is!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 32.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.