Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 110

:
Afrikaans - NLV
1 Die Here het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.”
2 Uit Sion sal die Here u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande.
3 U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon. Op die heilige berg, wanneer die dag breek, kom u jong manne soos die dou.
4 Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie: “Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.”
5 Die Here staan aan u regterhand. Op die dag van sy toorn sal Hy konings verpletter.
6 Hy sal die nasies oordeel en hulle dooies sal oral lê. Hy sal hulle leiers verpletter oor die hele aarde.
7 Maar Hy sal Hom verkwik uit die spruite langs die pad, want Hy sal seëvierend wees.