Psalms 110NLV

1Die Here het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.”

2Uit Sion sal die Here u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande.

3U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon. Op die heilige berg, wanneer die dag breek, kom u jong manne soos die dou.

4Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie: “Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.”

5Die Here staan aan u regterhand. Op die dag van sy toorn sal Hy konings verpletter.

6Hy sal die nasies oordeel en hulle dooies sal oral lê. Hy sal hulle leiers verpletter oor die hele aarde.

7Maar Hy sal Hom verkwik uit die spruite langs die pad, want Hy sal seëvierend wees.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 110.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.