Proverbs 31NLV

1Die woorde van koning Lemuel van Massa. ’n Uitspraak, wat sy ma vir hom geleer het:

2My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek ’n gelofte afgelê het,

3jy moenie jou lewe op vroue verspil nie. Moenie jou lewe deurbring met hulle wat konings laat struikel nie.

4Lemuel, dit pas beslis nie by konings om te veel wyn te drink nie. Dit pas nie regeerders om hulle aan drank oor te gee nie.

5Wanneer hulle gedrink het, vergeet hulle die wet en laat hulle nie reg geskied aan al hulle arm onderdane nie.

6Gee sterk drank vir hulle wat besig is om dood te gaan. Laat hulle wat terneergedruk is, wyn drink.

7Laat hulle drink om te vergeet hoe arm hulle is. Laat hulle vergeet van hulle sorge.

8Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is.

9Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges.

10Waar sal jy ’n knap vrou kry? ’n Goeie vrou is meer werd as edelstene.

11Haar man het volkome vertroue in haar. Hy pluk die vrugte van haar werk.

12Haar hele lewe lank bring sy vir hom net voordeel, nie ellende nie.

13Sy kry wol en vlas in die hande en verwerk dit met genot.

14Sy is soos die handelskepe, van ver af bring sy haar kos in.

15Sy staan op as dit nog nag is. Sy maak ontbyt vir haar huisgesin. Die dag se werk deel sy aan haar slavinne uit.

16Sy bereken die waarde van ’n stuk grond en koop dit. Sy plant ’n wingerd daarop met die geld wat sy verdien.

17Sy werk baie hard. Haar hande staan vir niks verkeerd nie.

18Sy kyk of haar transaksies winsgewend is. Haar lamp brand deur die hele nag.

19Sy werk met die spinwiel, haar hande is bedrywig met die weefbalk.

20Haar hand is oop vir die armes. Sy is vrygewig teenoor behoeftiges.

21Die wintersneeu hou geen vrees in vir haar huisgesin nie. Hulle het almal warm klere.

22Sy maak vir haarself dekens. Sy dra goeie klere van linne en wol.

23Almal in die poort ken haar man. Hy dien op die raad van die leiers van die land.

24Sy verkoop die klere wat sy maak en voorsien handelaars van gordels.

25Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie.

26Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde.

27Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie.

28Haar kinders staan op en prys haar. Haar man spog met haar:

29“Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!”

30Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Here verdien om geprys te word.

31Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet in die stadspoort op grond van alles wat sy gedoen het.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 31.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.