Proverbs 10NLV

1Die spreuke van Salomo. ’n Kind wat verstandig is, maak sy pa bly. ’n Seun wat dwaas is, maak sy ma hartseer.

2Goed wat onwettig verkry is, bring geen blywende voordeel nie. Om reg te lewe, red ’n mens van die dood.

3Die Here laat regverdiges nie honger ly nie. Hy vervul nie die begeerte van die goddelose nie.

4Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk.

5Die verstandige mens samel sy oes in in die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.

6Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddeloses steek hulle weg agter woorde.

7Dié wat reg lewe, sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.

8’n Mens met verstand aanvaar bevele. Hulle wat onsin babbel, bereik niks.

9Die een wat opreg lewe, lewe in veiligheid. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ’n val.

10Hy wat skelmstreke uitdink, veroorsaak moeilikheid. Hy wat aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.

11Die woorde van die regverdige is soos ’n fontein van lewe. Die woorde van goddeloses steek geweld weg.

12Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

13Iemand wat insig het, sê dinge wat verstandig is. Die een wat onverstandig is, kry slae.

14Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed.

15Die ryke se eiendom gee vir hom beskerming. Armoede is die arm mens se ondergang.

16Wat die regverdige verdien, gebruik hy om van te lewe. Wat die goddelose verdien, verkwis hy op oortredings.

17Mense wat hulle laat reghelp, is op die pad na die lewe. Hulle wat teregwysing verwerp, laat ander verdwaal.

18Wie sy haat agter woorde wegsteek, is ’n leuenaar. Hy wat skinderstories versprei, is ’n dwaas.

19Meer woorde bring nie minder sonde nie. Hy wat sy woorde tel, is verstandig.

20Die woorde van die regverdige is soos gekeurde silwer. Die gedagtes van die goddelose is min werd.

21Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde. Die dwase vernietig hulleself weens ’n gebrek aan gesonde verstand.

22Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.

23Dit is vir die dwaas lekker om verkeerd op te tree. Mense met insig geniet die wysheid.

24Goddelose mense kom die dinge oor waarvoor hulle bang is. Die regverdige kry waarvoor hy gehoop het.

25Wanneer teëspoed kom soos ’n stormwind, is goddeloses daarmee heen, maar die regverdiges bly stewig staan.

26’n Lui mens is ’n aanstoot vir dié wat hom werk gee. Hy is soos asyn tussen die tande, of soos rook in die oë.

27Hy wat ontsag het vir die Here, maak sy lewe langer; die goddelose se lewe word kortgeknip.

28Die regverdiges kan vreugde verwag, maar goddeloses het geen hoop nie.

29Wat die Here laat gebeur, versterk dié wat reg lewe. Dit vernietig egter hulle wat kwaad doen.

30Die regverdige sal nooit wankel nie. Die goddeloses sal nie in die land bly woon nie.

31Uit die mond van regverdiges kom wysheid. ’n Tong wat kwaad saai, sal afgesny word.

32Die regverdige weet wat die gepaste dinge is om te sê. Wat die goddeloses sê, bring moeilikheid.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 10.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.