Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 10

:
Afrikaans - NLV
1 “Ek verafsku my lewe! Los my dat ek kan kla sodat ek die bitterheid wat in my is, in woorde kan sê.
2 Ek wil vir God sê: ‘Moet my nie sommer veroordeel nie. vir my wat is die klag wat U teen my bring?
3 Wat baat U daarby om my te laat swaarkry? Waarom verwerp U my, die werk van u eie hande, terwyl U aan die kwaaddoener voorspoed gee?
4 Het U die van ’n mens? Kyk U na dinge soos mense daarna kyk?
5 Is u leeftyd soos dié van ’n mens? Is u lewe kort soos ’n mens s’n
6 dat U haastig is om te soek na my skuld en my sonde uit te wys
7 alhoewel U weet dat ek nie skuldig is nie, en niemand my kan red uit u hand nie?
8 U het my met u hande gevorm. U het my gemaak, en tog vernietig U my geheel en al!
9 Onthou dat U my van klei gemaak het. Wil U my nou al terugbring tot stof?
10 U het my ontvangenis begelei en my in die baarmoeder gevorm.
11 U het my geklee met vleis en vel en my bene met senings aanmekaargeheg.
12 U het aan my lewe gegee en aan my u onfeilbare liefde betoon. My lewe was bewaar deur u sorg.
13 Maar u werklike motief ek weet dit
14 was om my dop te hou of ek sondig. En as ek sondig, sou U my nie vergewe nie.
15 As ek skuldig is, is dit klaar met my. En selfs as ek onskuldig is, is ek gevul met skaamte en ellende sodat ek my kop laat hang.
16 As ek my kop optel, sou U my jag soos ’n leeu met ’n vertoon van u ontsaglike mag teen my.
17 Weer en weer getuig U teen my. U stort ’n groeiende vloed van toorn oor my, en bring vars leërmagte teen my.
18 Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie?
19 Dan was ek gespaar van hierdie ellendige bestaan. Dan was ek reguit van die baarmoeder na die graf gedra.
20 Ek het net ’n klein tydjie oor. So, laat my tog alleen sodat ek ’n oomblik se vreugde kan
21 voordat ek moet vertrek na die donker land wat diep en somber is om nooit terug te kom nie.
22 Daar is dit altyd so donker soos middernag. Somberheid en chaos heers, en lig het pikdonker geword.’”