Job 10NLV

1“Ek verafsku my lewe! Los my dat ek kan kla sodat ek die bitterheid wat in my is, in woorde kan sê.

2Ek wil vir God sê: ‘Moet my nie sommer veroordeel nie. Sê vir my wat is die klag wat U teen my bring?

3Wat baat U daarby om my te laat swaarkry? Waarom verwerp U my, die werk van u eie hande, terwyl U aan die kwaaddoener voorspoed gee?

4Het U die oë van ’n mens? Kyk U na dinge soos mense daarna kyk?

5Is u leeftyd soos dié van ’n mens? Is u lewe só kort soos ’n mens s’n

6dat U haastig is om te soek na my skuld en my sonde uit te wys

7alhoewel U weet dat ek nie skuldig is nie, en niemand my kan red uit u hand nie?

8U het my met u hande gevorm. U het my gemaak, en tog vernietig U my geheel en al!

9Onthou dat U my van klei gemaak het. Wil U my nou al terugbring tot stof?

10U het my ontvangenis begelei en my in die baarmoeder gevorm.

11U het my geklee met vleis en vel en my bene met senings aanmekaargeheg.

12U het aan my lewe gegee en aan my u onfeilbare liefde betoon. My lewe was bewaar deur u sorg.

13Maar u werklike motief — ek weet dit —

14was om my dop te hou of ek sondig. En as ek sondig, sou U my nie vergewe nie.

15As ek skuldig is, is dit klaar met my. En selfs as ek onskuldig is, is ek gevul met skaamte en ellende sodat ek my kop laat hang.

16As ek my kop optel, sou U my jag soos ’n leeu met ’n vertoon van u ontsaglike mag teen my.

17Weer en weer getuig U teen my. U stort ’n groeiende vloed van toorn oor my, en bring vars leërmagte teen my.

18Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie?

19Dan was ek gespaar van hierdie ellendige bestaan. Dan was ek reguit van die baarmoeder na die graf gedra.

20Ek het net ’n klein tydjie oor. So, laat my tog alleen sodat ek ’n oomblik se vreugde kan hê

21voordat ek moet vertrek na die donker land wat diep en somber is om nooit terug te kom nie.

22Daar is dit altyd so donker soos middernag. Somberheid en chaos heers, en lig het pikdonker geword.’”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Job 10.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.