Jeremiah 47NLV

1Die Here het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het.

2Die Here sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin, dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep. Al die inwoners van die land sal weeklaag.

3Hoor die geluid van perdehoewe, die gedreun van strydwaens wat verbyjaag. Vaders draai nie eers om na hulle kinders nie want hulle kan hulle nie red nie.

4Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. So ook Tirus en Sidon, hulle bondgenote, wat sou kon help. Want die Here vernietig die Filistyne, hulle wat oorspronklik van Kreta af kom.

5Die mense van Gasa gaan vernietig word. Askelon is klaar verwoes. Mense wat in die kusvlakte oorgebly het, hoe lank sal julle julleself nog pynig?

6“Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en raak stil!

7Maar hoe kan dit stil wees as die Here beveel het om Askelon en die kusvlakte aan te val?”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Jeremiah 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.