Isaiah 64NLV

1As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom! Hoe sal die berge nie bewe in u teenwoordigheid nie!

2Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekend aan u vyande. Dan sal die nasies voor U bewe!

3Toe U lank gelede afgekom het, het U ontsagwekkende dinge gedoen, wat ons nie verwag het nie, en die berge het voor U gebewe.

4Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie.

5U help mense wat met blydskap doen wat U beveel, wat u weë onthou. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen. U was kwaad vir ons. Hoe kan ons ooit gered word?

6Voor U het ons almal geword soos iemand wat onrein is. Ons beste dade is soos vuil klere, soos verskrompelde blare. Deur ons sondes waai die wind ons weg.

7Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.

8Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm.

9Here, moet tog nie kwaad wees vir ons nie. Moenie ons sondes vir altyd teen ons hou nie. Ons bid tot U: Sien ons tog raak. Ons almal is tog u volk!

10U heilige stad het ’n woestyn geword. Sion is ’n woesteny, Jerusalem is soos ’n verlate woestyn.

11Ons heilige en glorieryke tempel waar ons voorouers U aanbid het, is afgebrand. Alles wat vir ons kosbaar was, is vernietig.

12Raak die dinge U dan nie, Here? Gaan U doodstil bly? Sal U aanhou om ons te laat ly, ons te kasty bo ons vermoëns?

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 64.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.