Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 61

:
Afrikaans - NLV
1 Die Gees van die oppermagtige Here het op my gekom. Die Here het my gesalf om goeie nuus te bring vir arm mense. Hy het my gestuur om dié wat hartseer is, te troos, om vir die gevangenes vryheid aan te kondig, en vrylating vir dié in die tronk;
2 om die genadejaar van die Here aan te kondig, die dag van afrekening vir ons God. Maar almal wat treur, troos Hy,
3 die dag wanneer Hy vir dié wat in Sion treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Die Here het hulle geplant soos sterk en groot eike om sy roem te vermeerder.
4 Hulle sal die verlate stede herbou, en die plekke weer opbou wat lank gelede verwoes is. Hulle sal die verwoeste stede herstel, plekke wat vir geslagte lank verlate gelê het.
5 Buitelanders sal julle kleinvee laat wei, vreemdelinge sal julle landerye en julle wingerde bewerk.
6 Julle sal genoem word: die priesters van die Here, die bedienaars van ons God. Julle sal die skatte van die nasies geniet, en spog met hulle rykdom.
7 In plaas van vernedering en minagting sal my volk ’n dubbele deel ontvang van voorspoed en ewige vreugde.
8 “Want Ek, die Here, het geregtigheid lief. Ek haat diefstal en misdaad. Omdat Ek getrou is, sal Ek my volk beloon vir hulle lyding. Ek sluit ’n verbond met hulle wat vir altyd sal bestaan.
9 Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die volke, en hulle nakomelinge onder die nasies. Almal wat hulle sien, sal besef dat hulle ’n volk is wat die Here geseën het.”
10 Ek verheug my in die Here! Ek is bly in my God! Want Hy het vir my klere van redding aangetrek, en vir my die mantel van regverdigheid omgehang. Ek is soos ’n bruidegom met sy sierkroon, soos ’n bruid verfraai met haar juwele.
11 Soos die grond die plante laat uitspruit en die vrugtebome in ’n tuin vrugte lewer, so sal die oppermagtige Here sy reg vir al die nasies toon.