Isaiah 56NLV

1So sê die Here: “Tree regverdig en eerlik op, doen wat reg en goed is, want Ek is op pad om julle te red.

2Geseënd is almal wat versigtig dit alles doen. Geseënd is elkeen wat my Sabbatdae onderhou deur te weier om dan te werk. En geseënd is almal wat weier om die verkeerde te doen.

3“’n Uitlander wat deel geword het van die volk van die Here moenie dink: ‘Die Here sal my sekerlik uitsluit van sy volk!’ nie. ’n Ontmande moenie dink: ‘Ek is maar ’n droë boom!’ nie.”

4Want so sê die Here: “Aan die ontmandes wat my Sabbat onderhou en kies om te doen wat My behaag, en lewe volgens my verbond,

5vir hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure ’n gedenkteken oprig, en ’n erenaam gee wat beter is as dié van seuns en dogters. Ek sal aan hulle ’n blywende naam gee, wat nooit uitgewis sal word nie.

6Ek seën ook die uitlanders wat hulle aan die Here wy en Hom dien en liefhet en die Sabbatdae onderhou en lewe volgens my verbond.

7Ook húlle bring Ek na my heilige berg en gee hulle vreugde in my huis van gebed. Hulle brandoffers en ander offers sal Ek aanvaar, want my tempel sal ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies.”

8Die oppermagtige Here, wat die ballinge van Israel terugbring, sê: “Benewens my volk Israel bring Ek ook ander huis toe.”

9Kom, wilde diere van die veld! Al die diere in die bos, kom en verslind my volk!

10Israel se wagte is almal blind en weet niks. Hulle is soos honde wat nie kan grom of blaf wanneer gevaar aankom nie. Hulle hou net daarvan om rond te lê, te droom en te slaap.

11Hulle is so gulsig soos honde wat nooit genoeg kry nie. Hulle is dwase herders. Elkeen loop op sy eie paadjie en elkeen sorg net vir homself.

12Hulle sê: “Kom, hier is die wyn! Laat ons dronk word van bier! Laat ons aanhou partytjie hou! Môre sal selfs nog beter wees as vandag.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 56.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.