Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 42

:
Afrikaans - NLV
1 “Kyk, hier is die dienaar wat Ek ondersteun. Hy is die een wat Ek gekies het en wat my guns geniet. Ek het my Gees op hom laat kom. Hy sal regspreek oor die nasies.
2 Hy sal nie roep of hard skree nie. Hy sal nie sy stem in die openbaar laat hoor nie.
3 Hy sal ’n geknakte riet nie verder afbreek nie. Mense wat dof brand soos ’n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied.
4 Hy sal nie moeg of moedeloos word nie, totdat reg en geregtigheid op aarde gevestig is. Selfs die kuslande en eilande wag vir sy opdragte.”
5 So God, die Here, wat die hemel gemaak en dit oopgespan het. Hy het die aarde gemaak en alles wat daarop is. Hy gee asem vir almal op aarde, lewe vir alles wat daarop beweeg.
6 “Ek, die Here, het jou geroep om my reg te demonstreer. Ek sal jou hand vat en jou beskerm. Ek sluit deur jou ’n verbond met die volk. En jy sal ’n lig vir die nasies wees om hulle na My terug te lei.
7 Jy sal die van blinde mense oopmaak, gevangenes uit die tronk bevry, mense wat in die gevangenis sit, vrylaat.
8 “Ek is die Here, dit is my Naam. My eer deel Ek met niemand anders nie. Die lof wat My toekom, deel Ek nie met afgode nie.
9 Alles wat Ek gesê het, het net so gebeur. En nou vertel Ek jou van nuwe dinge wat gaan gebeur. Voordat dit gebeur, vertel Ek dit reeds aan julle.”
10 Sing vir die Here ’n nuwe lied. Besing sy lof tot aan die uithoeke van die aarde! Sing, almal wat vaar op die see, en alles in die see, al die eilande en dié wat daarop woon.
11 Laat die woestyn en sy dorpe saamsing. Laat die dorpies van Kedar bly wees. Laat die mense van Sela sing van vreugde. Laat hulle hard roep vanaf die bergpieke.
12 Laat hulle eer aan die Here bring. Laat die eilande sy lof verkondig.
13 Die Here sal opruk soos ’n baie sterk man. Hy sal kom soos ’n soldaat wat woedend is. Hy gaan sy oorlogskreet aanhef. Hy sal triomfeer oor sy vyande.
14 “Ek het baie lank stilgebly. Ek was stil en Ek het My ingehou. Maar nou skree Ek in my woede soos ’n vrou wat geboorte gee. Ek sal hyg en snak na asem.
15 Ek maak die berge en heuwels gelyk met die grond en laat al die plante daarop uitdroog. Ek maak van riviere eilande en laat die poele opdroog.
16 Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie!
17 Maar hulle wat op afgode vertrou, wat vir afgode sê: ‘Julle is ons gode,’ sal neerval en skaam kry.”
18 “Luister, julle wat doof is! Kyk, julle blindes, en sien!
19 Wie is so blind soos die Here se dienaar? Wie is so doof soos die boodskappers wat Ek stuur? Wie is so blind soos my uitverkore volk, blind soos die dienaar van die Here?
20 Julle sien en julle weet wat reg is, maar weier om daarop te reageer. Julle ore is oop, maar julle hoor niks.”
21 Die Here se vreugde daarin om sy gebooie groot en heerlik te maak.
22 Maar kyk hoe lyk sy volk! Hulle is geplunder en gebuit. Hulle is in vanggate gehou, of in gevangenisse opgesluit. Hulle het ander se buit geword met niemand om te red nie. Hulle is geplunder sonder iemand wat sê: “Gee hulle terug!”
23 Is daar niemand onder julle wat aandag gee aan wat gebeur het nie, sodat julle kan luister en verwoesting vermy?
24 Wie het Jakob oorgelewer om buit te word? Wie het Israel oorgegee aan die verwoesters? Is dit nie die Here teen wie ons gesondig het nie? Hulle wou nie doen soos Hy vereis het nie. Hulle wou nie na sy woord luister nie.
25 Daarom het Hy sy gloeiende woede teen hulle laat ontvlam deur die geweld van oorlog. Hulle het in vlamme opgegaan, maar geweier om te verstaan. Dit het hulle verteer, maar hulle het nog nie hulle les geleer nie!